Podlitiek

"Podlitiek" is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek.
Weekly Afrikaans South Africa News
257 Episodes
160 – 180

Podlitiek: Cameron se Maties-skok, Ndlozi haat steeds die bok

Min dinge het Suid-Afrika in die verlede so verenig soos sukses in Wêreldbeker-rugby. Met nóg so ’n geleentheid wat Suid-Afrika die afgelope week te beurt geval het, kyk Podlitiek na die gemengde reaksies op hierdie, en ander nuusgebeure.
7 Nov 2019 31 min

Podlitiek: Onderhoud met Waldimar Pelser

In die volgende episode van hul onderhoudreeks gesels Podlitiek met Waldimar Pelser, hoofredakteur van Rapport en aanbieder van die KykNET-program Verslag in Gesprek.
31 Oct 2019 47 min

Podlitiek: Lesufi, Malema en die misdaaddilemma

Paul Maritz, Ernst van Zyl en Daniël Eloff skuif weer oudergewoonte agter die Podlitiek-mikrofoon in. Hulle bespreek Panyaza Lesufi en Julius Malema se jongste uitlatings op sosiale media, asook die jongste misdaadstatistiek.
19 Sep 2019 22 min

Podlitiek: Fokus op Afrika

Paul Maritz, Ernst van Zyl, en Daniël Eloff van Podlitiek bespreek die nuusgebeure in Afrika. Hulle kyk na Robert Mugabe se nalatenskap, Ace Magshule se magbasis en Nigeriese partye se oproepe om Suid-Afrikaanse sakeondernemings te nasionaliseer.
12 Sep 2019 25 min

Podlitiek: Kwotas, geld en nogmaals geld

Hierdie week is Paul Maritz, Hermann Pretorius, en Ernst van Zyl agter Podlitiek se mikrofone en praat oor kwotas vir vroulike politici, die CR 17-veldtog en SA se pensioenfondse.
22 Aug 2019 26 min

Podlitiek: OB pleit, Grondverslag bring verwyt en SA nog werke kwyt

Die Amerikaanse outeur Simon Sinek het eenkeer gesê dat meer inligting onder alle omstandighede beter is as minder inligting – juis om die rede van meer inligting, en beter begrip van die beskikbare inligting, is Podlitiek ʼn bietjie meer as ʼn jaar gelede op die been gebring. 
8 Aug 2019 30 min

Podlitiek: OB geboek, Floyd se besoek en Johnny Clegg groet

Hermann Pretorius, Paul Maritz en Daniël Eloff gekyk na die omstredenheid rakende die magdom gebeure waar die Openbare Beskermer betrokke is, Floyd Shivambu se beweerde ontmoeting met Johann Rupert en derdens word die dood van die musieklegende Johnny Clegg bespreek.
24 Jul 2019 28 min

Podlitiek: Weermag ontplooi, Zuma se getuienis en Mandeladag

In hierdie episode kyk Paul, Ernst en Daniël van Podlitiek na die ontplooiing van die weermag in die Kaapse Vlakte, oudpresident Zuma se getuienis by die Zondo-kommissie en laastens word die nalatenskap van Nelson Mandela onder die vergrootglas geplaas.
16 Jul 2019 25 min

Podlitiek: Afrikaans, universiteite en die toekoms van die jeug

Wat gebeur as jy een oud-Puk, een oud-Tukkie, ’n huidige Matie en ’n huidige Kovsie in ’n opname-ateljee sit en begin praat oor die verlede, die hede en die toekoms? Podlitiek het onlangs juis dit gedoen, en die uitkoms was hierdie aangrypende gesprek oor universiteite, Afrikaans, emigrasie, en die toekoms.
27 Jun 2019 42 min
160 – 180