Podlitiek

"Podlitiek" is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek.
Weekly Afrikaans South Africa News
257 Episodes
140 – 160

Podlitiek: Habib dink hardop, Cradock bou self op

In hierdie week se episode kyk die span na Adam Habib se Twitter opstel oor die #FeesMustFall-beweging, die verspreiding van die Koronavirus asook ‘n Oos-Kaapse dorp wat hand in eie boesem steek en die dorp laat herleef.
11 Mar 2020 26 min

Podlitiek: Ngobeni waai en Lana dink Cyril is fraai

Die siklus van weeklikse nuus is in ʼn sekere sin te vergelyke met die lewenssirkel waarvan Mufasa vroegoggend vir Simba vertel in die Disney-treffer The Lion King juis omdat Podlitiek nog kon onthou hoe nuwe politieke verwikkelinge die nuussiklus geskud het, net om later ten volle weg te sink, en…
5 Mar 2020 29 min

Podlitiek: Zille verlaat Twitter en FW laat verskeie bitter

In hierdie week se episode bespreek die Podlitiek-span Helen Zille se besluit om haar van die sosiale mediaplatform Twitter te onttrek asook hoe ons na ons land se geskiedenis moet kyk na aanleiding van die afgelope week se debat oor die opmerkings deur FW de Klerk.
20 Feb 2020 32 min

Podlitiek: 2020-Staatsrede onder die loep

Die Podlitiek-span het die Staatsrede met ’n valkoog dopgehou, en lewer pittige kommentaar op president Cyril Ramaphosa se planne – of tekort aan planne – vir die komende jaar, asook die groot bohaai wat met die EFF se uitstappery gepaard gegaan het.
14 Feb 2020 33 min

Podlitiek: 30 jaar ná FW praat en Maimane en Steenhuisen vir mekaar kwaad

Podlitiek gesels vandeesweek oor Mmusi Maimane, voormalige DA-leier, wat vir John Steenhuisen, waarnemende DA-leier, as “Judas” beskryf het, asook hoe FW de Klerk se bekende toespraak van 2 Februarie 1990 onthou word dertig jaar later en die ondersoek na Neill Aggett se dood vier dekades gelede, en hoe jongmense met…
5 Feb 2020 27 min

Podlitiek: Quest met waarheid, Mkhwebane dalk uit en grondstryd

Hierdie week val die vergrootglas op die uitlatings van die bekende CNN-joernalis Richard Quest oor Suid-Afrika, die proses wat van stapel gestuur is om die Openbare Beskermer te verwyder, en die nuutste verwikkelings rondom die onteiening sonder vergoeding-kwessie.
29 Jan 2020 30 min

Podlitiek: Mashaba wil terug, IMF sien nie lig en Beloftebos dryf wig

Die Podlitiek-span kyk hierdie week na Herman Mashaba wat soos ʼn feniks ʼn politieke loopbaan probeer herbou, die IMF wat swak ekonomiese groei vir Suid-Afrika voorspel, asook die groot oproer oor ʼn trouvenue in die Kaap wat weier om ʼn gay paartjie daar te laat trou.
23 Jan 2020 29 min

Podlitiek: Die ANC se doodskiskoek en die 39%-slaagsyfer

Podlitiek is terug met die eerste episode vir 2020! Die span kyk in hierdie episode na die grootste nuus van die nuwe jaar – alles van die ANC se verjaardagkoek tot die groot verwikkelinge in die Midde-Ooste die afgelope twee weke.
15 Jan 2020 32 min

Podlitiek: 'n Jaar in oënskou – 2019

Die span bespreek die 2019 verkiesing en die uitval wat gevolg het, Suid-Afrikaanse staatsinstellings wat sukkelend aan die lewe bly en die grootste hofsake wat die reg tot vryheid van spraak die jaar verander en ontwikkel het.
18 Dec 2019 1 hr 04 min

Podlitiek: Lesufi sukkel met somme, EFF dreig met bomme

Hierdie week is ’n volbank van Podlitiek se viermanskap teenwoordig, en die stories waarna hulle kyk is die bomdreigemente wat die EFF gemaak het, die verkwisting van geld deur Panyaza Lesufi se departement in Gauteng, en die privaatvervolging van die moordenaars van Bafana-ster Senzo Meyiwa.
13 Nov 2019 31 min
140 – 160