Podlitiek

"Podlitiek" is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek.
Weekly Afrikaans South Africa News
257 Episodes
180 – 200

Podlitiek: Nog ’n rigtinglose staatsrede en Phumzile versteur weer die vrede

Daar is, na oorlewering, ’n Chinese welkomsgroet wat lui: “Mag jy in interessante tye leef” – of dit ’n seëngroet of ’n vloekgroet is, sal die ontvanger maar self moet bepaal. Dit kom hierdie week weer duidelik na vore dat Suid-Afrikaners tans in “interessante tye” leef. Met ’n staatsrede wat…
27 Jun 2019 22 min

Podlitiek: Twitter-parade en nog skade...

Hierdie week kyk Daniël, Ernst en Paul oudergewoonte na die stories wat hulle oog gevang het, en pak dit vir die luisteraar uit. Hulle fokus op Zindzi Mandela se twiets, nuwe wetgewing oor vuurwapens vir sekuriteitsmaatskappye en Ace Magashule.
20 Jun 2019 28 min

Podlitiek-storie: Nog 'n DA-grote gaan, SA ekonomie platgeslaan

In hierdie vol episode van Podlitiek pak die span die afgelope week se groot nuusgebeure aan. Ernst, Paul en Daniël bespreek die skeiding tussen Kerk en Staat, Suid-Afrika se rampspoedige ekonomiese beleide, asook James Selfe wat as voorsitter van die federale raad van die DA bedank het.
13 Jun 2019 31 min

Podlitiek: Lang inhuldigings en Zuma se beskuldigings

Na afloop van die inhuldiging van president Cyril Ramaphosa keer die Suid-Afrikaanse politieke siklus weer terug na normaal. Hierdie week ondersoek die Podlitiek-span met Ernst, Paul en Daniël juis hierdie inhuldiging, en ’n paar ander gebeure wat die afgelope week se nuus gedomineer het.
29 May 2019 27 min

Podlitiek: Noah in die sop en die verkiesingsflop

In vandag se episode van Podlitiek kyk Daniël Eloff, Ernst van Zyl en Paul Maritz ná afloop van die nasionale verkiesing van 8 Mei deur ʼn mikroskoop na wat presies gebeur het, watter tendense opgetel kon word, en wat hierdie stemgeleentheid verklap oor die stand van sake.
15 May 2019 25 min

Podlitiek: Peilings, afdankings, partye en buiteland

In vandag se episode van Podlitiek haal Daniël Eloff, Ernst van Zyl en Paul Maritz oudergewoonte die vergrootglas uit vir Suid-Afrikaanse nuus en politiek, deeglik bewus van die groot stemdag wat minder as ’n week weg is.
2 May 2019 28 min

Podlitiek val met die stoel in die huis ...

In die eerste episode met Van Zyl agter die mikrofoon, kyk die span na die onlangse gevegte tussen die EFF, BLF en die Land Party by ’n Houtbaai-verkiesingsdebat, Alexandra wat vingers in alle rigtings oor swak dienslewering wys en, laastens, word daar in diepte gekyk na die ANC voor die…
11 Apr 2019 24 min

Podlitiek: Die taal van propaganda met Ansie Maritz

Indien jy nog altyd gewonder het wat die boodskap ágter die boodskap tydens verkiesingsveldtogte, op verkiesingsplakkate, en met bemarkingsveldtogte was, dan is hierdie episode van Podlitiek se onderhoudreeks die volgende logiese stap op jou kennistog.
9 Apr 2019 32 min

Onder die Bome: Die media

In hierdie voorlaaste episode van Onder die Bome, ʼn podsending-gebaseerde reeks wat handel oor filosofie, word die media bespreek en verduidelik hoekom dit presies ʼn deel van filosofie is.
3 Apr 2019 11 min

Podlitiek: Feite, uitlatings en leuens by die dosyne

In hierdie week se episode bespreek die Podlitiek-span leuens en BLF-persverklarings. Hulle kyk verder na die dispuut tussen AfriForum en die VF Plus, Daniel Friedman se uitlating by die Ahmed Kathrada-stigting se paneelbespreking asook die BLF se bewering dat die Weste siklone veroorsaak.
28 Mar 2019 26 min

Onder die Bome: Kuns, denke en die idee van die goeie

ʼn Mens sou sekerlik begin by die hart van die saak: Wat is die essensie van die kunsfenomeen en hoekom wil dit voorkom as iets wat onmisbaar is vir die menslike ervaring en ’n betekenisvolle bestaan? Hoe bied dit vir ons insig en wat is die verband tussen kuns, denke,…
26 Mar 2019 7 min
180 – 200