"Podlitiek" is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek.
Weekly
Afrikaans South AfricaNewsAuthored by Ernst van Zyl, Arno Roodt, Charné Mostert en Louis Boshoff
Vir die volgende keer wat die president of jy (ons leser en luisteraar) vassit in die verkeer, bring Podlitiek hierdie week vir jou ʼn lekker episode wat fokus op die Suid-Afrikaanse Kapitalistiese Party, die BLF en VF+ wat baklei en MTN wat Afrikaans is Groot vermy.
Die Podlitiek-span daag Cilliers Brink van die Tshwane-metro uit met vrae oor koalisiepolitiek en die DA se onlangse rekord wat taal- en kultuurkwessies betref.
Hierdie week se bespreking gaan oor die Zuma-spioene, die Instituut van Rasseverhoudinge (IRV) wat verkiesingbewerings maak en die Reserwebank se nasionalisering.
In dié episode van Onder die Bome, ʼn podsending-gebaseerde reeks wat handel oor filosofie, praat podsender Daniel du Plessis met Rudi van Rensburg van die Chairefoon-inisiatief oor die vriendskap, vyandskap, en die rol wat hierdie emosies in ons lewens speel.
Podlitiek bespreek Ace Magashule en sy delegasie se besoek aan die beleërde Venezuela, die belaglikhede wat kop uitsteek rakende sportkwotas, en Eckhard Binding, die Kovsie wat die rommel stukkie vir stukkie weer terug in die asblik gegooi het.
In die vyfde episode van Onder die Bome, ʼn podsending-gebaseerde reeks wat handel oor filosofie, vra podsender Daniel du Plessis en Hercules Boshoff van die Chairefoon-inisiatief wat is reg en geregtigheid?
Daniël du Plessis, Paul Maritz en Daniel Eloff kyk hierdie week na die ontwrigtings op ons kampusse, die DA se 2019-verkiesingsmanifes en die beskuldigings teen die ANC-woordvoerder Zizi Kodwa.
Wat is ʼn samelewing? Wat lê in die hart daarvan, in sy wese? Ons hoor dit so gereeld, en ons is amper oortuig daarvan dat ons deel van ʼn samelewing is, maar dan moet ons sekerlik weet wat dit is, en hoe dit funksioneer?
Wat is vryheid? Hierdie woord word so gereeld in ons daaglikse lewens gebruik en is iets waarna soveel volke en mense eeue lank na gestrewe het, maar het ons al gaan stilstaan en gewonder wat dit behels en waarvandaan dit kom?
Het jy dikwels die behoefte om die wêreld om jou beter te verstaan? Wonder en dink jy soms oor allerlei dinge wat jou omring – onseker hoe om kop of stert daarvan uit te maak? Vir die leergieriges onder ons, is hierdie nuwe, weeklikse podsendingreeks, Onder die Bome, die ideale doepa vir…
Podlitiek, soos die kat, kom weer – met ’n lekker episode oor Terror Lekota se SONA-repliektoespraak, die Britse politikus Jacob Rees-Mogg se uitlatings oor konsentrasiekampe tydens die Anglo-Boereoorlog asook veldtogborde van die DA wat afgebrand is.
In hierdie week se episode plaas ons die kollig op die groot probleme by Eskom, Ramaphosa se planne om staatsdepartement en provinsies te verminder asook die DA wat terselfde tyd SEB as beleid groet – maar ook nie rêrig nie.
Die Podlitiek-span se nuutste episode handel oor die Staatsrede. Die span begin deur bietjie te besin oor die hele oefening op sigself en wat pres. Ramaphosa se toespraak self betref, is die span nie entoesiasties nie.
Die span bespreek die memorandum gestuur aan president Ramaphosa deur verskeie Westerse lande, die EFF se 2019-manifes en dan op ’n somber noot, die skokkende gebeure by Hoërskool Driehoek.
Die sprekers delf dieper in die gedagte van filosofie in Afrikaans, en praat oor die rol wat filosofie en filosofiese denke op ’n taal, maar ook op ’n nasie, kan speel.
Hierdie week bespreek Podlitiek vier van die gebeure in hierdie kontrasterende tye, naamlik die skokkende Facebook-video van die afgelope week, die DA se verkiesingsveldtog en die beweerde onthullings oor die Coligny-moordsaak, asook gebeure in Zimbabwe.
24 Jan 2019
22 min
200 – 220
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.