"Podlitiek" is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek.
Weekly
Afrikaans South AfricaNewsAuthored by Ernst van Zyl, Arno Roodt, Charné Mostert en Louis Boshoff
Hierdie week fokus Podlitiek op vier van hierdie nuusgebeure, naamlik die ANC se nuwe 2019-manifes, die Schweizer-Reneke-protes, die Denel-moles en Gillette wat geslaan word vir ’n ses.
Hierdie episode is bedoel om die luisteraar te laat dink, te laat saamstem, of te laat verskil. Luister gerus na hierdie spesiale Geloftedag-episode van Podlitiek!
Tydens dié episode bespreek Podlitiek se aanbieders, Daniël Eloff, Daniel du Plessis en Paul Maritz, en Jacques Basson van Klipkouers entrepreneurskap, alternatiewe media en Afrikaner-identiteit.
Hierdie week bespreek Podlitiek die nuwe hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, die probleme by Eskom en die SAUK, asook die verslag deur die grondwetlike hersieningskomitee wat deur die Nasionale Vergadering aangeneem is.
Hierdie week vier Podlitiek sy 25ste weeklikse episode met drie opwindende besprekingspunte, naamlik ons land se nuwe kabinet, die EFF se aanval op die media asook die aankondiging van ’n nuwe nasionale minimumloon.
In hierdie episode gesels die twee Daniels en Paul met Danie Barnard, aktivis en entrepreneur, oor die invloed van sosiale media op die samelewing, kripto-geldeenhede asook die 2019-verkiesing.
Pikkie Greeff, die nasionale sekretaris van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermagunie (Sanwu), gesels oor die weermag, pres. Donald Trump en volgende jaar se verkiesing.
In hierdie week se episode bespreek die Podlitiek-span rusies in die wetgewer, die salaris van Discovery se baas en die deurlopende debat oor grondonteiening.
Dawie is ʼn groot voorstander van die gebruik van meningsopnames, peilings en data in die verkiesingsproses en glo dat dit selfs in Suid-Afrika van besondere belang is. Hierdie gesprek onderstreep hoe hierdie data in Suid-Afrika gesien moet word en ook wat dit vir ons Suid-Afrikaners op voetsoolvlak beteken.
Daar is altyd iets nuuts uit Afrika – en vandeesweek is dit sommer ʼn nuwe politieke party. In hierdie week se episode bespreek die Podlitiek-span die vakverbond Numsa wat onlangs ʼn politieke party gestig het, mediese skemas en AfriForum wat op die EFF se bates wil beslag lê.
In vandeesweek se episode is dit vir die Podlitiek-span baie duidelik dat geld wat stom is, nie regmaak wat krom is nie – selfs nie as jy pres. Cyril Ramaphosa is nie.
In vandeesweek se episode pak die Podlitiek-span oudergewoonte talle belaglikhede in die nuus aan – maar word darem verkwik deur ’n positiewe verwikkeling of twee.
In vandeesweek se episode pak die Podlitiek-span oudergewoonte talle belaglikhede in die nuus aan – maar word darem verkwik deur ’n positiewe verwikkeling of twee.
In vandeesweek se politiek is daar probleme bo en onder die grond – maar die Podlitiek span durf weer met groot moed en baie geduld alles aan, van politieke geweld tot mynbou-moles.
Net omdat dagga nou wettig is, beteken dit nie dat die Podlitiek-span kans sien om te ontspan nie – want hulle besef goed, waar daar ʼn rokie is, is daar gewoonlik ʼn vuurtjie.
Op hierdie Erfenisdag gesels Paul Maritz en Daniel du Plessis met Gielie Hoffman oor erfenis in Suid-Afrika – en dan ook die erfenis van Afrikaners in die besonder.
Die Podlitiek-span neem vandeesweek weer die swaard op teen ideologiese moerasse, filosofiese lokvalle en politiese paniek. Die manne bespreek Maimane, China en Suid-Afrika se ou vlag.
20 Sep 2018
22 min
220 – 240
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.