"Podlitiek" is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek.
Weekly
Afrikaans South AfricaNewsAuthored by Ernst van Zyl, Arno Roodt, Charné Mostert en Louis Boshoff
In hierdie episode word Crezane Bosch van die DA se loopbaan in politiek bespreek en hoe sy by partypolitiek betrokke geraak het. Haar liefde vir politiek spruit uit haar jong skooldae.
Met die tweede episode van Podlitiek se onderhoudreeks gesels Daniël Eloff en Daniel du Plessis met Martin van Staden. Martin is ’n regsnavorser by die Vryemarkstigting en ook die hoofredakteur van beide die Rational Standard en Being Libertarian.
Hierdie week se episode trek dié vryheidswa oudergewoonte deur ons liewe land se verdiepende sosialisme-drif deur te kyk na onderwys, munisipaliteite, en grond.
In hierdie week se vurige episode vol debat en redenering ontnonsens Podlitiek se paneel oudergewoonte die week se nuus en politiese gebeure. Hulle kyk na MiWay se uitvoerende hoof se sosialemedia-opmerkings, die EFF se plan om die Reserwebank te nasionaliseer, en AfroWorld View se onlangse sluiting.
Podlitiek se span gesels hierdie week oor drie vreemde fenomene: Lyste met plase in gevaar, mediafoefies en sensasie, en die lot van ons eertydse hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), ene Shaun Abrahams.
Paul Maritz en Daniël Eloff, gesels saam met gasaanbieder Daniel du Plessis oor drie sake wat swaar op Suid-Afrikaners se harte druk: Ons land, ons amptelike opposisie, en ons sukkelende bure.
Daniël Eloff en Paul Maritz gesels saam met die gasaanbieder, Daniel du Plessis, oor ’n paar goeie hofuitsprake wat verlede week gelewer is, die ANC-jeugliga se likwidasie, en die nuutste oor wapenlisensies in Suid-Afrika.
In hierdie spitsvondige episode gesels Podlitiek se twee gereelde aanbieders, Paul Maritz en Daniël Eloff en die gasaanbieder, Daniel du Plessis, oor Trevor Noah se Twitter-oproer, die nuutste gebeure oor Eskom en China se betrokkenheid by die sukkelende staatsorgaan en laastens oor die idee van ’n onafhanklike Kaap-buurland.
Hierdie week val Podlitiek se vergrootglase op Black First Land First, Suid-Afrika se voorgenome terugkeer na die Internasionale Geregtigheidshof, en die voormalige Amerikaanse president Barack Obama se onlangse besoek aan Suid-Afrika. Soos altyd kan luisteraars kraakvars en bekkige kommentaar verwag!
In hul eerste spesiale episode breek die Podlitiek-span hierdie week so ʼn bietjie die gewoonte van nuusonderwerpe, en fokus in op een onderwerp – spesifiek die werk en impak van oudpres. Nelson Mandela wat oor die algemeen helder en deurdagte kritiek, lof en analise vryspring.
In hierdie episode beredeneer Hermann Pretorius, Daniël Eloff, en Paul Maritz die Zoeloekoning se reaksie op die voorgestelde grondhervorming-sonder-vergoeding-wetgewing, die Suid-Afrikaanse Lugdiens se voorgenome gedeeltelike privatisering, en die korrupsieprobleem waaronder die openbare sektor tans gebuk gaan.
In hierdie episode gesels Daniël, Paul en Hermann oor Grahamstad se voorgestelde naamsverandering, die kommissie van ondersoek na die situasie by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) en word daar ’n argument gemaak vir die bewaring van wild deur kommersiële jag.
In hierdie episode gesels Daniël Eloff, Paul Maritz en Hermann Pretorius oor die Nasionale Gesondheidsversekering en vrae daaroor, die DA se huidige uitdagings – spesifiek die uitspraak in die De Lille hofsaak – en die manier waarop Rachel Kolisi, die vrou van Siya Kolisi, op Twitter hanteer is.
In hierdie episode gesels Daniël Eloff, Hermann Pretorius en Paul Maritz oor verlede week se aktuele nuusgebeure. Onder meer bespreek hulle Malema se aanhitsing teen Suid-Afrikaanse Indiërs, Ashwin Willemse, Cyril Ramaphosa se ANC en 2019 se verkiesing.
Daniël Eloff, Hermann Pretorius en Paul Maritz is die aanbieders van die nuwe podsending Podlitiek. Hulle verduidelik wie hulle is en waaroor hulle in die gesprekke wil gesels.
27 Jun 2018
1 min
240 – 257
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.