Maroela Media Wiele2Wiele

Wiele2Wiele

Die egpaar Carl en Jeanette Kritzinger bespreek weekliks in "Wiele2Wiele" die jongste motornuus, van bekendstellings en padtoetse tot algemene nuus en handige wenke. Nicol Louw, tegniese redakteur van die tydskrif CAR, gee ook sy kundige mening.
Weekly Afrikaans South Africa Automotive
355 Episodes
160 – 180

Wiele2Wiele gesels oor Starlet-tydrenmotor

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor die nuwe Toyota Gazoo Racing SA Starlet-tydrenmotor wat bekendgestel is. Hulle gaan ry ook met die Peugeot 208 en die Mazda2.
25 May 2022 23 min

Wiele2Wiele stel Chery se Tiggo 7 Pro op die proef

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met nog ’n nuwe Chery – die Tiggo 7 Pro. Hulle vat die langpad van die Kaap na Bloemfontein en terug met die Hyundai Staria Elite-bussie en gaan ry ’n spesiale verjaarsdaggeskenk – die Suzuki Vitara Brezza S-Edition. Hulle gee raad oor multimeters en gesels…
18 May 2022 22 min

Luister: Wiele2Wiele ry met Chery se Tiggo 8 Pro

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor Audi se elektriese e-tron GT, gaan ry met die Chery Tiggo 8 Pro en rits rond met Suzuki se Celerio. Hulle gee raad oor motorvibrasies en gesels oor e-handel-motorfietse.
13 May 2022 24 min

Luister: Wiele2Wiele vat die langpad met Opel-bussie

Wiele2Wiele vat hierdie week die langpad met Opel se Zafira Life bussie en ry ook met Audi se elektriese e-tron S Sportback. Hulle gee vir jou die jongste nuus van Volvo SA af, gee raad en deel ook motorfietsnuus.
5 May 2022 24 min

Wiele2Wiele ry met Hyundai se Kona N en i30 N

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met Hyundai se vinnige N’s – die nuwe i30 N en die Kona N. Hulle vat ook die langpad met BMW se X3 xDrive20d, gesels oor ‘stop-ry-tegnologie’ en deel hulle eerste-motorfiets-storie.
13 Apr 2022 24 min

Kia Carnival beïndruk die Wiele2Wiele-span

Vandeesweek word Wiele2Wiele aangegryp deur ʼn sewesitplek-gesinsvoertuig met ʼn reusekattebak – die Kia Carnival. Hulle gaan ry ook met Toyota se Land Cruiser 79-dubbelkajuit se 70th Edition-herdenkingsweergawe en die opgeknapte Mahindra XUV300.  
24 Mar 2022 25 min

Wiele2Wiele gesels oor Opel se Zafira en Merc se C-klas

Hierdie week gee Wiele2Wiele terugvoer oor Jeanette se eerste motorrenbyeenkoms in 24 jaar, hulle vertel jou meer van Opel se nuwe Zafira Life-bussie en die tegnologie in die Mercedes-Benz C-klas. Nicol het die GetWorth-bekendstelling bygewoon en daar is met Husqvarna se Norden 901-motorfiets rondgerits.
9 Mar 2022 26 min

Wiele2Wiele gesels oor nuwe Audi e-tron-reeks

Hierdie week gesels Wiele2Wiele oor vier nuwe bekendstellings – die Renault Clio V, Chery se Tiggo 8 Pro, die Audi e-tron-reeks en die nuwe Mercedes-Benz C-klas. Hulle hou ook ‘n tegniese-vasvra en gee terugvoer oor die eerste GR Cup-toetsdag.
2 Mar 2022 23 min

Wiele2Wiele gesels oor motorbedryf, Toyota se Corolla Cross

Hierdie week gee Wiele2Wiele terugvoer oor Toyota se State of the Motoring Industry (SOMI), deel nuus oor die nuwe GR Beker-Yaris-uitdaging waaraan Jeanette gaan deelneem en gesels oor die Toyota Corolla Cross. Hulle verduidelik ook hoekom koeëlvaste bakkies in Suid-Afrika belangrik is en praat oor die MotoGP-seisoen wat binnekort begin.
21 Feb 2022 24 min

Wiele2Wiele gesels oor Kyalami 9-uur-uithouren

Hierdie week luister Wiele2Wiele na ‘n simfonie van sportmotorklanke by die Kyalami 9-uur-uithouren en ry met nog ‘n Hyundai Staria-model. Hulle gesels oor katalisators en oor ‘n Ducati 966-droommotorfiets.
9 Feb 2022 24 min

Wiele2Wiele: Hyundai se Staria Multicab bekendgestel

Hierdie week gaan Wiele2Wiele op hulle eerste bekendstelling vir 2022, met die Hyundai Staria Multicab. Hulle gaan ry ook met die Audi SQ5 TSFI Quattro wat gly oor die pad en met Kia se intreemodel die Sonet LX, wat beslis nie intree is nie.
2 Feb 2022 23 min

Wiele2Wiele: Dakar en die Toyota Corolla Cross

Wiele2Wiele is terug en vir die eerste program vir die jaar word daar oor die afgelope Dakar-veldtydren gepraat. Die span het die afgelope Desember-vakansie die langpad met die hibriede Toyota Corolla Cross aangedurf en vertel jou meer oor hulle ervaring.
19 Jan 2022 25 min

Luister: Dakar-oorwinning vir Toyota Gazoo Racing

Vrydag was die laaste sneldeel van die 2022 Dakar-ren en ons Suid-Afrikaanse Toyota Gazoo Racing renspan, het koning gekraai as algehele wenners in die hande van Nasser Al-Attiya en Mathieu Baumel, in hulle GR DKR Hilux T1+ bakkie.
15 Jan 2022 4 min
160 – 180