
Wiele2Wiele ry met nuwe Honda Civic Type R
Loading player...
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele met die nuwe Honda Civic Type R, wat spog met ’n baanrekord by die Suzuka- en Nürburgring-renbane, en ook ’n klaskategoriewenner by die 2023 Simola-heuwelren was. Hulle is opgewonde oor Kia se pragtige Sportage wat nou as ’n dieselmodel beskikbaar is en gee huiswerk vir die luisteraars rakende die ruil van ʼn spaarwiel. “Hierdie was die beste een nóg!”, is op almal se lippe na die 2023 Simola-heuwelren en die span gesels oor hoe die weer ’n groot rol gespeel het.