
Wiele2Wiele verken Karoo met nuwe Fortuner en Seltos
Loading player...
Hierdie week verken Wiele2Wiele die Karoo se besonderse skoonheid van twee kante af – aan die een kant met Toyota SA en sy nuwe 2023 Fortuner en aan die ander kant, saam met Kia SA en sy Seltos. Dit is ook weer tyd vir die Motor van die jaar-toetsdae, waar die 21 finaliste behoorlik op die proef gestel word. Hannes Visser deel die opwinding en ook hartseer van die onlangse Nkomazi 400-veldren en daar is ook terugvoer oor die Ducati 1098 wat uit die waakeenheid is.