Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1120 – 1140

Hittegolf in Europa dood 2 300

Die onlangse rekord-hittegolf in Europa het die dood van 2 300 mense veroorsaak, volgens 'n wetenskaplike studie. Die studie het 12 stede ondersoek en bevind dat sowat 1 500 van die sterftes toegeskryf kan word aan die uitwerking van klimaatsverandering. Friederike Otto, 'n professor in klimaatswetenskap aan die Imperial College…
10 Jul 4AM 1 min

Rassekwotas in aanstelling skend vryhede

Sakeliga sê die gewysigde Wet op Gelyke Indiensneming bevat rasgebaseerde aanstellingskwotas wat onmoontlik is om te bereik en is skadelik vir die ekonomie. Die sake-instelling en die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika, voer aan die nuwe regulasies is ongrondwetlik en sê dit skend die vryheid van werkgewers en werknemers. Sakeliga se…
10 Jul 4AM 1 min

VF+ sê tariewe is as gevolg van geopolitiek

Die Vryheidsfront Plus sê Amerika se aangekondigde handelstariewe van 30-persent het waarskynlik 'n onderliggende geopolitieke motivering en is 'n regstreekse aanval op die ekonomiese voordele wat AGOA vir Suid-Afrika inhou. Jaco Mulder van die party sê die tariewe is ook 'n reaksie op Suid-Afrika se groeiende diplomatieke en ekonomiese bande…
10 Jul 3AM 1 min

Namibië neem Indiese betaalstelsel aan

Namibië is die eerste land wat Indië se Unified Payment Interface-tegnologie. Die stelsel is in daardie land ontwikkel om interbank-transaksies deur selfone moontlik te maak. Dit kom na die Indiese premier Narendra Modi se besoek aan Namibië. Hy het tydens 'n gesamentlike sitting by die Nasionale Vergadering gepraat.
10 Jul 3AM 1 min

Reuse Russiese aanval op Oekraïne

Rusland het die grootste lugaanval tot nog toe op Oekraïne geloods kort na na Amerikaanse president Donald Trump se kritiek op sy Russiese eweknie Vladimir Putin. Volgens Oekraïnse president Volodymyr Zelensky is 728 hommeltuie en 13 kruiser- of ballistiese missiele afgevuur. Die stad Lutsk, 'n transito-sentrum vir militêre en humanitêre…
10 Jul 2AM 1 min

Sonder basislading-aanleg sal Namibië afhanklik bly vir krag

Die uitvoerende hoof van NamPower, Simson Haulofu, het die regering versoek om 'n nasionale basislading kragsentrale te ontwikkel om elektrisiteitskoste te verminder en afhanklikheid van invoere te beëindig. Hy het parlementêre komitees toegespreek en sê dat Namibië, ten spyte van vordering met hernubare energie, nie langtermyn-energiestabiliteit het nie.
10 Jul 2AM 1 min

Tariewe – waar sal dit stop?

Die heffing van 30 persent se Trump-tariewe teen Suid-Afrika vanaf 1 Augustus bly in die nuus. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die uitvoerende direkteur van die landbou-organisasie Saai, dr. Theo de Jager vir meer hieroor. Volgens De Jager is die kwessie uitdagend omdat daar ook geen uitsluitsel is oor…
10 Jul 1AM 1 min

Dis Djokovic teen Sinner

Die sewemalige Wimbledon-kampioen, Novak Djokovic, en die wêreld-nommer-een van Italië, Jannik Sinner, takel mekaar in die halfeindronde. Die Serwiër het die Italianer, Flavio Cobolli verslaan, terwyl Sinner die Amerikaner Ben Shelton geklop het. In die vroueafdeling is Iga Swiatek van Pole en die Switser, Belinda Bencic, albei deur na hulle…
10 Jul 1AM 1 min

Registreer in Augustus vir plaaslike verkiesings

Die Verkiesingskommissie van Namibië sal van 4 tot 19 Augustus aanvullende registrasie van kiesers doen, voor die streeksraad- en plaaslike owerheidverkiesings op 26 November. Die kommissie doen 'n beroep op alle kwalifiserende Namibiërs om te registreer en te gaan stem. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met De Wet Siluka, die…
10 Jul 1AM 1 min

Wit Afrikaners moet opsies heroorweeg vir toekoms in Afrika

Die Vryheidsfront Plus sê tydens die Departement van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se begrotingspos in die Parlement, was vooroordeel teen wit mense, veral Afrikaners, baie duidelik. Wynand Boshoff van die party sê verteenwoordigers van die MK-party en EFF het herhaaldelik na wit mense as “gronddiewe” verwys en gesê die teiken…
10 Jul 12AM 1 min

Trump se koper-tarief veroorsaak breuk in koperpryse

Die Amerikaanse besluit om 'n 50 persent tarief op invoere van geraffineerde koper in te stel, het onmiddellik gevolge gehad. Kopermarkte het skerp reageer, met Amerikaanse Comex-termynkontrakte wat met meer as 12 persent gestyg het tot 'n rekord 12 330 Amerikaanse dollar per ton, terwyl Londense pryse met 1,5 persent…
10 Jul 12AM 1 min

Trump vergader met vyf Afrika-leiers

Amerikaanse president Donald Trump het Woensdag met leiers van vyf Afrika-lande vergader terwyl hy 'n internasionale handelsoorlog opskerp wat ontwikkelende lande bedreig. Sy administrasie het ook groot dele van Amerikaanse buitelandse hulp vir Afrika geskrap, wat teen 2030 tot meer as 14 miljoen bykomende sterftes kan lei, volgens navorsing wat…
9 Jul 11PM 1 min

Miljoene liters riool daagliks in Sand- en Bloedrivier gestort

Die DA vra onmiddellike ingryping by die Polokwane-munisipaliteit se voortslepende storting van onbehandelde riool in die Sand- en Bloedrivier. Dit word veroorsaak deur die munisipale waterbehandelingsaanleg se vervalle infrastruktuur. Johan Retters van die DA sê ondersoeke het onthul meer as 70 megaliter onwettige riool word daagliks in die riviere gestort:
9 Jul 11PM 1 min

Waak teen brande, veral as jy partytjie hou

NamPol het 'n verklaring uitgereik oor toenemende brande by huise. Kinders wat sonder volwasse toesig gelaat is sterf soms in hierdie brande, terwyl ander slagoffers beseer word en huise met waardevolle besittings afbrand. Kosmos 94.1 Nuus het met NamPol hoofinspekteur Elifas Kuwinga gepraat, wat 'n ernstige waarskuwing rig.
9 Jul 11AM 1 min

Wêreld moet Hamas se seksuele geweld erken

Hamas het seksuele geweld tydens die aanval op Israel op 7 Oktober 2023 gebruik, volgens 'n vrouegroep van Israeliese regs- en geslagskundiges. Die Dinah-projek sê die verslag is gebaseer op 'n oorsig van bewyse, insluitend eerstehandse getuienis van 'n oorlewende van 'n poging tot verkragting. Daar is ook getuienis van…
9 Jul 11AM 1 min

Swakopmund se YEDI-program teiken jeug-entrepreneurs

Die Swakopmund-munisipaliteit het sy YEDI-program bekend gestel. Die Youth Entrepreneurial Development-inisiatief is daarop gemik om jeug en kleinsake-eienaars toe te rus met noodsaaklike toerusting, opleiding en ondersteuning om hulle besighede te help groei. Die amptelike bekendstelling vind Vrydag plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met munisipale woordvoerder Linda Mupupa gepraat.
9 Jul 10AM 1 min

NNN sien groot geleenthede in Indië-samewerking

Tydens besprekings oor die verhouding tussen Namibië en Indië het president Netumbo Nandi-Ndaitwah verklaar dat beide lande die kapasiteit het om handel en belegging uit te brei. Sy het die enorme potensiaal vir die verdieping van samewerking in sleutelsektore soos groen waterstof, mynbou en waardetoevoeging, olie en gas, landbou- en…
9 Jul 10AM 1 min

Korrupsie-ondersoeke 'moet verder gaan as Namcor'

Die Teenkorrupsie-kommissie het bevestig dat altesaam agt verdagtes gearresteer is oor vermoedelike korrupsie by Namcor. Voormalige bestuurders by Namcor Imms Mulunga, Jennifer Hamukwaya, Cedric Willemse en Olivia Dunaiski is gister in hegtenis geneem. Die broers Peter Elindi en Malakia Elindi, wat die militêre brandstof-voorsiener Enercon besit, is vandag gearresteer saam…
9 Jul 10AM 1 min

Cyril moet dringend ingryp oor tariewe: Solidariteit

Solidariteit vra president Cyril Ramaphosa om dringend op te tree om reuse-werksverliese te voorkom na Amerika se besluit om van volgende maand 'n heffing van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere op te lê. Die vakbond sê die regering se gebrek aan optrede kan belangrike uitvoere belemmer en moontlik die voordele van…
9 Jul 9AM 1 min
1120 – 1140