Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1100 – 1120

Almal moet pensioen as kollateraal vir huislenings kan gebruik

Reaksie word ontvang op die finansminister, Namfisa, en Regeringsinstellings Pensioenfonds wat 'n pensioengesteunde huisleningskema ingestel het, wat lede toelaat om 'n deel van hul pensioenspaargeld as kollateraal vir huislenings te gebruik. Dit dek die koop van grond, opknappings of die terugbetaling van eiendomslenings. Kosmos 94.1 Nuus het met Tucna sekretaris-generaal…
10 Jul 10AM 1 min

BoN sal plaaslike goud in buiteland laat raffineer

Die Bank van Namibië sê die gebrek aan 'n plaaslike goudraffinadery sal nie hul plan beïnvloed om goud by die nasionale reserwes te voeg nie. Adjunk-goewerneur Ebson Uanguta verduidelik dat Namibië se rou goud in die buiteland geraffineer sal word om aan die suiwerheidstandaard van 99,9 persent te voldoen. Goewerneur…
10 Jul 10AM 1 min

Onderhandelinge oor Gaza-skietstilstand bly haak

Onderhandelinge tussen Israel en Hamas in Katar oor 'n nuwe Gaza-wapenstilstand en die vrylating van gyselaars sukkel voort met onbelemmerde VN-hulp en die IDF se volle onttrekking wat blykbaar haakplekke is. Hamas het reeds aangebied om tien gyselaars vry te laat en president Donald Trump het ook gesê ‘n ooreenkoms…
10 Jul 9AM 1 min

Gebruik busse, dis goedkoop en veilig

Tydens die Stedelike Mobiliteitskonferensie in Windhoek het die Stad se uitvoerende hoof, Moses Matyayi, inwoners aangespoor om hul sienings oor openbare vervoer te verander. Hy sê dat munisipale busse nie net vir die minderbevoorregtes is nie, maar alle inwoners moet dien. Hy het hul veiligheid en bekostigbaarheid beklemtoon. Die konferensie…
10 Jul 8AM 1 min

DA juig oor Mosselbaai dierewelsyn-ondersoek

Die DA in die Wes-Kaap verwelkom die uitslag van die Mosselbaai-munisipaliteit se interne ondersoek na toestande by Harry Giddey-park. Die ondersoek sluit in ongemagtigde verkope van diere, verwaarlosing en genadedood, asook wanbestuur van bates. In Oktober verlede jaar is 52 skilpaaie en talle voëls by die park weens siekte en…
10 Jul 8AM 1 min

APS formeel gesertifiseer deur die NSI

Africa Personnel Services is deur die Namibiese Standaarde-instelling met die ISO 9001:2015-gehaltebestuurstelsel sertifisering bekroon, wat 'n belangrike mylpaal in hul verbintenis tot diensuitnemendheid in werwing en personeeluitkontraktering aandui. Die sertifisering dek die maatskappy se kantore in Windhoek, Walvisbaai en Lüderitz. As een van slegs 28 gesertifiseerde organisasies in Namibië, sluit…
10 Jul 6AM 1 min

Rise vra vir ondersoek-kommissie na KZN-aantygings

Rise Mzansi sê die parlementêre ondersoek na bewerings van politieke inmenging in die Suid-Afrikaanse Polisiediens is nie genoeg nie, en moedig president Cyril Ramaphosa aan om dringend in te tree. Die party vra vir ’n kommissie van ondersoek, onder leiding van ’n afgetrede regter, om die aantygings wat polisiekommissaris, Nhlanhla…
10 Jul 6AM 1 min

Bestuurskenner sê oor Namcor se geldsake en onreëlmatighede

Namcor bly in die nuus, vir al die verkeerde redes. Behalwe vir onreëlmatighede, lyk sy finansies bedroef en het hy in sy 2022/23-boekjaar ‘n rekord netto verlies van bykans 1,3 miljard Namibiese dollar gely. Dit kom na die nasionale oliemaatskappy verlede jaar 'n reddingsboei van 1,2 miljard dollar van die…
10 Jul 6AM 1 min

Inflasie vir Junie bekend, alles is op

Hooflyninflasie in Junie het op 3,7 persent ingekom, effe hoër as Mei se 3,5 persent. Mirjam Shihepo van die Namibiese Statistieke-agentskap het meer.
10 Jul 6AM 1 min

Kenner reageer op kommer oor elektrisiteitsekerheid

Reaksie kom in oor die kommer van die drie parlementêre staande komitees oor die land se energietoekoms. Die energie-uitdagings verg vinnige en beslissende optrede, veral oor voortdurende kragbeperkings en hoë invoere. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die plaaslike energiekenner Harald Schütt.
10 Jul 6AM 1 min

Pakkette aangebied vir Brave Warriors-ondersteuners na Botswana

Die Namibiese Sokkervereniging sal ten minste 10 busse mobiliseer om Brave Warriors-ondersteuners na Francistown in Botswana te vervoer vir die komende FIFA Wêreldbeker-kwalifiseringswedstryde. Ondersteuners word aangemoedig om by die konvooi aan te sluit wanneer Namibië op 1 September teen Malawi en op 8 September teen São Tomé te staan sal…
10 Jul 6AM 1 min

Geen duidelike raamwerk in sekuriteitstelsel in Namibië nie

Tydens 'n sitting van die Nasionale Vergadering het die AR-leier, Job Amupanda, die gebrek aan 'n duidelike raamwerk binne Namibië se nasionale sekuriteitstelsel uitgelig. Daar is ook 'n behoefte aan 'n kode om die gedrag en bestuur van personeel in uniform te lei.
10 Jul 5AM 1 min

MK lê kriminele klagte teen Mchunu en Sibiya

Die MK-party het 'n strafsaak teen die minister van Polisie, Senzo Mchunu en adjunk-nasionale polisiekommissaris Shadrack Sibiya by Pretoria se Brooklyn-polisiestasie aanhangig gemaak. Dit is vir meineed en regsverydeling ná bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi. Hy het beweer dat Mchunu en Sibiya medepligtig is by 'n sindikaat, beheer…
10 Jul 5AM 1 min

Hittegolf in Europa dood 2 300

Die onlangse rekord-hittegolf in Europa het die dood van 2 300 mense veroorsaak, volgens 'n wetenskaplike studie. Die studie het 12 stede ondersoek en bevind dat sowat 1 500 van die sterftes toegeskryf kan word aan die uitwerking van klimaatsverandering. Friederike Otto, 'n professor in klimaatswetenskap aan die Imperial College…
10 Jul 4AM 1 min

Rassekwotas in aanstelling skend vryhede

Sakeliga sê die gewysigde Wet op Gelyke Indiensneming bevat rasgebaseerde aanstellingskwotas wat onmoontlik is om te bereik en is skadelik vir die ekonomie. Die sake-instelling en die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika, voer aan die nuwe regulasies is ongrondwetlik en sê dit skend die vryheid van werkgewers en werknemers. Sakeliga se…
10 Jul 4AM 1 min

VF+ sê tariewe is as gevolg van geopolitiek

Die Vryheidsfront Plus sê Amerika se aangekondigde handelstariewe van 30-persent het waarskynlik 'n onderliggende geopolitieke motivering en is 'n regstreekse aanval op die ekonomiese voordele wat AGOA vir Suid-Afrika inhou. Jaco Mulder van die party sê die tariewe is ook 'n reaksie op Suid-Afrika se groeiende diplomatieke en ekonomiese bande…
10 Jul 3AM 1 min

Namibië neem Indiese betaalstelsel aan

Namibië is die eerste land wat Indië se Unified Payment Interface-tegnologie. Die stelsel is in daardie land ontwikkel om interbank-transaksies deur selfone moontlik te maak. Dit kom na die Indiese premier Narendra Modi se besoek aan Namibië. Hy het tydens 'n gesamentlike sitting by die Nasionale Vergadering gepraat.
10 Jul 3AM 1 min

Reuse Russiese aanval op Oekraïne

Rusland het die grootste lugaanval tot nog toe op Oekraïne geloods kort na na Amerikaanse president Donald Trump se kritiek op sy Russiese eweknie Vladimir Putin. Volgens Oekraïnse president Volodymyr Zelensky is 728 hommeltuie en 13 kruiser- of ballistiese missiele afgevuur. Die stad Lutsk, 'n transito-sentrum vir militêre en humanitêre…
10 Jul 2AM 1 min

Sonder basislading-aanleg sal Namibië afhanklik bly vir krag

Die uitvoerende hoof van NamPower, Simson Haulofu, het die regering versoek om 'n nasionale basislading kragsentrale te ontwikkel om elektrisiteitskoste te verminder en afhanklikheid van invoere te beëindig. Hy het parlementêre komitees toegespreek en sê dat Namibië, ten spyte van vordering met hernubare energie, nie langtermyn-energiestabiliteit het nie.
10 Jul 2AM 1 min
1100 – 1120