Rise vra vir ondersoek-kommissie na KZN-aantygings

Loading player...
Rise Mzansi sê die parlementêre ondersoek na bewerings van politieke inmenging in die Suid-Afrikaanse Polisiediens is nie genoeg nie, en moedig president Cyril Ramaphosa aan om dringend in te tree. Die party vra vir ’n kommissie van ondersoek, onder leiding van ’n afgetrede regter, om die aantygings wat polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, gemaak het, ten volle te ondersoek. Makashule Gana van Rise Mzansi sê Ramaphosa moet nou optree aangesien die krisis in die polisie die land se sekerheid bedreig:
10 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

China kry Chenin Blanc-bederfie

Die 2025 Chenin Blanc-uitdaging se toptien-wenners is aangekondig en word later vanjaar op ProWine Shanghai in China vertoon. Stellenbosch oorheers weer en spog met vier van die tien inskrywings. Boonop is drie van die vier van Stellenrust Wines, wat die gereeldste wenners in die kompetisie is. Standard Bank, wat die…
25 Aug 10AM 1 min

Loterykommissie kort dringend nuwe voorsitter: DA

Die DA maan die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, om dringend ʼn nuwe voorsitter vir die Nasionale Loterykommissie aan te stel. Dit volg na die bedanking van Barney Pityana. ʼn DA-woordvoerder, Toby Chance, sê die minister moenie sy voorganger, Ebrahim Patel wat 18 maande gevat het om…
25 Aug 9AM 1 min

Fleetwood wen Toerkampioenskap, sy eerste PGA-toertitel

Gholf: Tommy Fleetwood van Engeland het met sy 164ste poging sy eerste PGA-toertitel verower deur die Toerkampioenskap en ook die FedEx-beker te wen. Die 34-jarige Fleetwood het drie houe vóór Patrick Cantlay en Russell Henley van Amerika geëindig. Hul landgenoot en die verdedigende kampioen, Scottie Scheffler, was met nóg 'n…
25 Aug 9AM 1 min

Moenie jaag nie, wees bedagsaam op paaie!

Swaar verkeer word landwyd verwag terwyl Namibië Heldedag herdenk. Die Namibiese polisie doen 'n beroep op alle padgebruikers om versigtigheid, geduld en verantwoordelikheid te beoefen terwyl hulle op die paaie is. Adjunk-kommissaris Rozario Coetzee het in 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus die belangrikheid beklemtoon om reisreëlings vooraf te tref…
25 Aug 8AM 1 min

ANC 'het vergeet hy bestaan om mense te dien'

Die ANC veteraan en voormalige minister, Naledi Pandor, sê die party het sy glorie verloor en het vergeet dat hy bestaan om die mense te dien. Sy was Sondag 'n spreker by die Gertrude Shope-gedenklesing in Pretoria. Shope is in Mei vanjaar oorlede op die ouderdom van 99. Pandor sê…
25 Aug 8AM 1 min