Eskom sê sy operasionele vordering spruit uit die opwekkingsherstelplan wat in Maart 2023 ingestel is. Hy voeg by dit word toegeskryf aan die toewyding van spanne wat daaraan werk om die nasionale netwerk te bestendig en te versterk. Die kragverskaffer het Sondag 100 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag gevier. Eskom-woordvoerder Daphne…
Die voormalige Britse nasionale veiligheidsadviseur Lord Peter Ricketts is van mening dat Rusland en president Vladimir Putin verkeerd bereken het deur die Oekraïne in 2022 aan te val. Hy sê alles wat Rusland gevrees het, is reeds hier.
Die hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid, Andy Mothibi, het bevestig dat daar stappe gedoen is om die onwettige kontrakte by die Tembisa-hospitaal te kanselleer. Mothibi het bevestig dat 111 amptenare by vier korrupsiesindikate betrek word. Tugprosesse word gevolg en sommige is reeds ontslaan. Hy het ook bevestig dat bates ter…
Die EU-rolprentfees 2025 sal die jeug as dryfvere van verandering beklemtoon deur jong kreatiewe mense en plaaslike rolprentmakers te ondersteun. Tydens die bekendstelling in Windhoek het die EU-adjunk-sendinghoof, Ian Dupont, gesê die fees sal inisiatiewe soos Kino Namibia ondersteun, wat onlangs 78 jongmense in basiese rolprentvervaardiging opgelei het.
Die sesde been van die 2025 Nasionale MotoCross-kampioenskappe is die naweek by die Gallina-baan net buite die hoofstad aangebied. Daar is 38 ryers in nege klasse. Francois Lottering het meer oor die geleentheid en daar is ook baie goeie nuus vir die sportkode.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.