
Eskom se operasionele herstel vorder goed
Loading player...
Eskom sê sy operasionele vordering spruit uit die opwekkingsherstelplan wat in Maart 2023 ingestel is. Hy voeg by dit word toegeskryf aan die toewyding van spanne wat daaraan werk om die nasionale netwerk te bestendig en te versterk. Die kragverskaffer het Sondag 100 agtereenvolgende dae sonder beurtkrag gevier. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê in die huidige 2025/2026-boekjaar was daar tot op hede 26 uur beurtkrag en 144 dae van betroubare elektrisiteit: