Die Amerikaanse kongres het Donald Trump se “big, beautiful bill” met 218 stemme daarvoor en 214 stemme daarteen goedgekeur. Op die ou end het net twee Republikeine teen die wetsontwerp gestem, saam met al die Demokrate. Die finale stemming is vertraag toe die Demokratiese minderheidsleier Hakeem Jeffries 'n rekord gebreek…
ActionSA vra die regering en die polisieministerie om die land se fluitjieblasers te beskerm. Die party sê dit kom na die moord op die hoof van Korporatiewe en Forensiese Ondersoeke in die Stad Ekurhuleni, Mpho Mafole, wat in Kemptonpark doodgeskiet is. Michael Basch van ActionSA sê die moord is die…
Reaksie word ontvang op inligtingsminister Emma Theofelus wat sê Starlink se aansoek om sy 51 persent eienaarskap te behou, word steeds hersien. Starlink het middel verlede jaar ’n aansoek ingedien om in Namibië bedryf te word maar wil sy 51 persent eienaarskap behou. Hy moes dus kragtens die kommunikasiewet by…
Die DA in Mpumalanga sê hy ondersteun die ingrypingstrategieë teen die boubedryf-mafia in die provinsie. Die provinsiale Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer het aangekondig 'n nasionale beraad sal byeengeroep word om hierdie misdadige sindikate uit te roei. Die DA-lid, Teboho Sekaledi, sê bouprojekte wat vertraag is, het 'n…
Die Kankervereniging van Namibië sal Saterdag 'n gratis kankerondersoekkliniek in Rosh Pinah aanbied. Pap-smere, borsondersoeke en prostaat-blitstoetse sal beskikbaar wees. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Rolf Hansen, die uitvoerende hoof van die Kankervereniging van Namibië.
Die direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie Paulus Noa, sê die ondersoek na die Fishrot-skandaal in Ysland sal nie die plaaslike vervolging raak nie. Die ondersoekende program Kveikur het gewys op veelvuldige misdade wat in Namibië gepleeg is, soos geldwassery, omkopery en geldverduistering. Die saak word ondersteun deur onder meer 2 000…
Vanaf 1 Julie kan Amerikaanse uitvoerders vars, bevrore of verkoelde pluimvee na Namibië verskeep, wat 'n mark ter waarde van 15 miljoen Amerikaanse dollar oopmaak. Intussen het Namibië se pluimveebedryf in 2024 tot 1,74 miljard Namibiese dollar gegroei – 'n styging van 13,47% – wat dit die tweede grootste landboubydraer…
Die burgerlike beweging Soil of Africa het vandag na die hoofkantoor van die Departement van Binnelandse Sake in Pretoria opgeruk om oplossings en verantwoordbaarheid te eis. Die voorsitter van Soil of Africa, Bongani Ramontja, sê hulle hou die optog sodat die geblokkeerde identiteitsdokumente van 75 000 mense wat sedert 2017…
Die sekretaris-generaal van Navo, Mark Rutte, sê in ‘n onderhoud met Fox News dat die verhoogde Navo-besteding ‘n groot oorwinning vir Donald Trump is en voeg by Navo-uitbreiding is noodsaaklik weens die Russiese bedreiging. Hy sê ook daar moet nie te veel aandag aan Rusland se minister van buitelandse sake…
Kiesersopkoms in Namibië het oor die jare skerp afgeneem, veral onder die jeug, volgens die kommissaris van die Namibië Verkiesingskommissie, Pius Iikwambi. Hy het 'n daling vanaf 81,1 persent in 1992 tot slegs 38,3 persent in die 2020-streekverkiesings en 43,2 persent in plaaslike owerheidsverkiesings uitgelig. Die plaaslike owerheidsverkiesings is die…
Die DA sê hy ondersteun die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron, se oproep dat alle polisielede wat by misdade betrek word, aangekeer of aangekla word. Dianne Kohler Barnard van die DA sê hulle gaan van die minister van Polisie, Senzo Mchunu, eis dat al sulke lede…
Die Stad Kaapstad se Ramprisikobestuursentrum sal op 'n hoë gereedheidsgrondslag bly vir 'n erge kouefront wat Vrydag en Saterdag oor die Wes-Kaap inbeweeg. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n geel vlak 4-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reënval dié naweek. Die woordvoerder van die Ramprisikobestuursentrum, Sonica Lategan, sê die stad het ook organisasies…
‘n Privaat eksklusiewe vertoning van Superman 2025, wat op 11 Julie in teaters begin draai, is gehou. Die nuwe ‘man of steel’ David Corenswet het met die media gepraat en sê hy was erg geïntimideer deur die rol wat hy as kind geken het.
Die Nudo-LP Vetaruhe Kandorozu wou in die Nasionale Vergadering weet waarom Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, BBP-beskerming toegestaan is sonder dat behoorlike prosesse gevolg is. Hy voer aan dat die wet nie sulke voordele vir 'n party se sekretaris-generaal bied nie. Kandorozu het meer.
Professore Gerhard Steenkamp en Adrian Tordiffe van die Universiteit van Pretoria se Fakulteit Veeartsenykunde in Onderstepoort het na Kambodja in Asië gereis om 'n tandtrek-prosedure op 'n olifant uit te voer. Steenkamp sê die reis wat tot dié reusetaak gelei het, het bykans 18 maande gelede begin toe dokter Navaneetha…
Namibië se mynbousektor het in die eerste kwartaal van 2025 met 2 persent gegroei, 'n verlaging vanaf 7,6 persent in dieselfde tyd verlede jaar. Uraan het egter met 36,5 persent gestyg weens verhoogde aanvraag. Die vooruitgang van uraan-eksplorasie sluit in die Etango Noord-Oos-projek van Connected Minerals en Dark Star se…
Die vakbond Giwusa veroordeel die brandstofprysverhogings en noem dit 'n regstreekse aanval op die werkersklas en die armes. Drie-en-negentig-oktaan petrol het gister met 55-sent per liter gestyg, en 95-oktaan met 52-sent. Diesel het met 84-sent duurder geword en lampolie met 89-sent. Die vakbond sê dit is weens globale konflikte, oorbelasting…
Lucy Letby, die Britse oud-verpleegster wat 15 lewenslange tronkstraf-vonnisse uitdien weens moord op sewe babas en poging tot moord op nog sewe, kan moontlik meer klagte in die gesig staar. Speurders van die Cheshire-polisie het getuienis na die Kroonvervolgingsdiens oorgedra van verdere aantygings wat verband hou met sterftes en ineenstortings…
FNB Namibië het aangekondig dat geen koste nou op plaaslike kaartswiep-betalings gehef word nie, 'n eerste vir die land. Die stap is deel van die bank se nuwe prysstruktuur wat daarop gemik is om bankdienste meer bekostigbaar en toeganklik te maak.
3 Jul 4AM
1 min
1280 – 1300
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.