AfriForum sê grensbeheer in Suid-Afrika het in duie gestort en dit stel nasionale sekerheid en openbare veiligheid in gevaar. Die burgerregte-organisasie sê meer as 100 gesteelde voertuie is sedert April vanjaar na Mosambiek oor die Kosibaai-grens in KwaZulu-Natal gesmokkel en in Limpopo steek tot ses voertuie elke dag onwettig die…
Reaksie stroom steeds in na Sean “Diddy” Combs onskuldig bevind is op die drie ernstigste aanklagte teen hom, wat lewenslange tronkstraf tot gevolg sou hê. Hy is skuldig bevind op twee mindere aanklagte, dat hy sy voormalige meisie, Cassie Ventura, en 'n vrou net bekend as “Jane”, vervoer het om…
Die minister van Hoër Onderwys, Nobuhle Nkabane, sê politieke partye wat die departement se begroting verwerp, verwerp eintlik Suid-Afrikaners se begroting. Die DA en die EFF kritiseer haar leierskap, haar hantering van die SETA-raad aanstellings en kwessies met betrekking tot die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente. Nkabane het eise vir…
ActionSA sê die spoornetwerk bly disfunksioneel al het die Departement van Vervoer meer as 60-miljard-Suid-Afrikaanse rand oor die mediumtermyn aan die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika toegeken. Die party sê pendelaars moet nog steeds onbetroubare diens, infrastruktuur wat gevandaliseer is, onvolledige sinjaalstelsels, en aanhoudende sekerheidsuitdagings, trotseer. In die begrotingsdebat oor vervoer in…
Namibië se deelname aan die Afrika-kontinentale vryhandelsooreenkoms het in die Nasionale Vergadering ter sprake gekom. Rodney Cloete van die LPM sê daar het sover niks gekom van deelname deur klein- en mediumbesighede nie. Hy het handelsminister Selma Ashipala-Musavyi gevra om haar tot duidelike tydlyne te verbind om te verseker dat…
Vier mense is in Spanje dood, twee in Frankryk en twee in Italië in 'n vroeë somer-hittegolf oor 'n groot deel van Europa. Dit het gesondheidswaarskuwings en veldbrande veroorsaak en 'n Switserse kragstasie gedwing om 'n kernreaktor te sluit. Italië het rooi waarskuwings vir 18 stede uitgereik, terwyl die temperatuur…
Die leier van die Vryheidsfront Plus, Corné Mulder, sê die onlangse besoek aan Amerika was nie om te gaan kla nie, maar om ondersoek in te stel na oplossings vir die uitdagings in Suid-Afrika. Hy sê die afvaardiging wou nasionale voorspoed bevorder, en sê die Trump-administrasie het vier ononderhandelbare voorwaardes…
Nog reaksie is ontvang op die seisoenale vlugte van Switserland se Edelweiss-lugredery, wat vanaf 1 Junie volgende jaar twee keer per week direk tussen Zürich en Windhoek sal vlieg. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Gitta Paetzold, die uitvoerende hoof van die Namibiese Gasvryheidsvereniging.
Namibië is die enigste land wie se Wêreldbank-klassifikasie vanjaar afwaarts aangepas is, van die boonste middelinkomste na die laer middelinkomste-kategorie. Dit kom na jarelange oproepe hiervoor. Die boonste middelinkomste-klassifikasie het veroorsaak dat Namibië gunstige terme op sy ontwikkelingslenings sowel as moeitevrye toegang tot toelaes verloor het. Namibië se voormalige presidente…
Namibië se indiensnemingsdata van gegradueerdes kyk nie na die kwaliteit van hul werk of die werk wat hulle kry nie, wat twyfel laat ontstaan oor die waarde van openbare tersiêre onderwys. Kursusse stem dikwels nie ooreen met ekonomiese behoeftes nie, ten spyte van oproepe vir vraaggedrewe opleiding. Sonder beter koördinering…
Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê haar departement verwag om 42-miljoen passasiers en 1,2-miljoen-ton lugvrag deur die netwerk lughawes van die Lughawensmaatskappy Suid-Afrika teen die einde van hierdie politieke termyn te hanteer. Creecy het in die begrotingsdebat van haar departement in Kaapstad gesê hulle beplan om padsterftes teen 2029…
Die uitspraak in die opspraakwekkende hofsaak teen Sean “Diddy” Combs, wat lewenslange tronkstraf sou behels indien hy skuldig bevind was op alle aanklagte, het gemengde gevoelens uitgelok. Combs is egter net skuldig bevind op twee aanklagte, met 'n maksimum vonnis van 10 jaar tronkstraf elk. Hy en sy regspan was…
Switserland se Edelweiss-lugredery sal vanaf 1 Junie 2026 seisoenale vlugte na Namibië loods, en twee keer per week direkte verbindings tussen Zürich en Windhoek aanbied met die moderne Airbus A350. Dit sal Europese toeriste nader bring aan safari-avonture, woestynduine en die land se helder sterrehemel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels…
Die uitvoerende direkteur van die landbou-organisasie, Saai, Theo de Jager, sê die reis na Amerika was om 'n waardevoorstel aan te bied om ekonomiese migrasie te stop met behulp van die landbousektor, deur die beëindiging van armoede en hongerte in Afrika. De Jager sê landbou kan vinniger welvaart skep as…
Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, het teleurstelling uitgespreek oor die uitsluiting van studente deur die nuwe taakmag oor gratis openbare tersiêre onderwys. Kosmos 94.1 Nuus het met Nanso-president Dorothea Nangolo gepraat. Sy sê dat studente by die besluitnemingsproses ingesluit moet word.
Met die IKR Vroue T20 Wêreldbeker Afrika-kwalifiseerder net weke weg, sê die kaptein van die nasionale vrouekrieketspan, die Capricorn Eagles, Suné Wittmann, dat hul komende tuisreeks teen die Suid-Afrikaanse Emerging Women's Academy 'n belangrike kans is om vaardighede te slyp en momentum te bou.
Terwyl Namibië nader beweeg aan olieproduksie, het Swapo-LP, Tobie Aupindi, kommer in die Nasionale Vergadering uitgespreek oor die land se gereedheid om aan die vaardigheidsbehoeftes van die petroleumsektor te voldoen. Hy het 'n mosie ingedien en die Parlement versoek om Namibië se kapasiteit om gekwalifiseerde werkers in alle vlakke van…
Die Namibiese Sekuriteitebeurs het gemengde seine in die eerste helfte van 2025 getoon, wat die verskuiwende beleggersentiment en breër ekonomiese tendense weerspieël terwyl ontleders kommentaar lewer oor wat vir die res van die jaar voorlê. Kosmos 94.1 Nuus het met Tian Bazuin, die beurs se uitvoerende hoof gesels.
Die derde fase vir beursaansoeke vir ambagsopleiding in die groenwaterstofprogram is van stapel gestuur om die jeug in die Hardap- en Karas-streke te bemagtig met praktiese vaardighede vir die sektor. Die inisiatief is daarop gemik om werkloosheid te verminder en streeksontwikkeling te bevorder deur middel van geteikende beroepsopleiding. Joseph Isaacks,…
2 Jul 9AM
1 min
1300 – 1320
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.