Boks Suid-Afrika sê die vakante pos van finansiële hoof is nou, na die aanstelling van ervare finansiële praktisyn, Betram Moses, gevul. Boks SA se se woordvoerder, Luthando Zibeko, sê Moses is 'n gesoute strydros met meer as drie dekades se ondervinding in die finansiële sektor, en spesifiek in die privaat…
Die Bank van Namibië is deur die parlementêre komitee op ekonomie, nywerheid en openbare administrasie beopdrag om ‘n impakstudie oor bankfooie en –heffings te finaliseer en dit so vinnig as moontlik aan die finansministerie te oorhandig. Dié verslag sal as riglyn dien vir die ministerie se regulasies wat op hoë…
Die Universiteit van die Wes-Kaap sê probleme met geestesgesondheid neem toe in Suid-Afrika, insluitend onder universiteitstudente. Professor Matete Madiba sê ondanks wydverspreide sielkundige probleme, het slegs ʼn klein aantal studente toegang tot geestesgesondheidsdienste. Sy sê die meerderheid mense pas aan, organiseer, versorg en bou betekenis te midde van teëspoed en…
Die GOOD-party sê wapengeweld gaan voort in die Wes-Kaap. Hy sê volgens hom is die Stad Kaapstad onvoorbereid en blykbaar onwillig om die kern-oorsake van die probleem te hanteer. Die party sê misdaadstatistiek toon dat meer as ʼn duisend mense tussen Januarie en Maart vanjaar in die provinsie vermoor is…
Daar is meer as net vandag se kouestelsel wat Suider-Afrika tref. Die buurland sal uiters koud wees met sneeu wat tot in Johannesburg voorspel word. Die weerkenner Johan van den Berg sê dit gaan plaaslik ook in beduidende impak hê.
‘n Skietstilstand kan nie vinnig genoeg kom vir die inwoners van Gaza nie. Derduisende is dood en aanvalle duur daagliks voort, ook onder verhongerdes wat voedselhulp kom haal. Dr. Mohammed Abu Mughaisib, adjunk-mediese koördineerder vir Dokters Sonder Grense in Palestina sê hoop in Gaza is net om tot nog ‘n…
Te midde van toenemende kommer oor bek-en-klouseer, het Namibië se veeartsenydirektoraat die maatreëls vir vleisvervoer verduidelik nadat verwarring gevolg het op die jongste openbare kennisgewing. Slegs behoorlik gaargemaakte van gesplete hoefdiere mag die bek-en-klouseer-vrye sone verlaat met streng uitsluiting van tradisionele rou biltong en droëwors. Kosmos 94.1 Nuus het met…
Afreximbank beplan om 'n nuwe skeepsroete tussen Nigerië se Dangote-raffinadery en Walvisbaai te vestig om handel binne Afrika te bevorder. Dit vorm deel van pogings om Afrika se lae intra-kontinentale handelsvlakke aan te spreek, wat op 15 persent tot 18 persent staan, vergeleke met 70 persent in die Europese Unie…
Reaksie word ontvang op ryp wat Namibië se tuinbou-oes van Julie 2025 negatief geraak het en talle kan nie aan die plaaslike vraag voldoen nie. Gevolglik het die Namibiese Akkekrbouraad grenssluitings vir Julie aangepas. Kosmos 94.1 Nuus het met Hanks Saisai, tegniese adviseur van akkerbou by Agribank Namibië gesels.
Die Vryheidsfront Plus sê hy is tevrede dat die bewyse wat by die Zondo-kommissie oor staatskaping ingedien is, uiteindelik vrug dra. Dit volg na die inhegtenisneming van die gewese Transnet-hoofde, Brain Molefe en Siyabonga Game, wat verbind word met vermeende korrupte tenders om in 2014 lokomotiewe aan te koop. Philip…
Die AR-leier Job Amupanda wou in die Nasionale Vergadering weet waarom daar die afgelope ses maande geen wetsontwerpe deur die uitvoerende gesag ter tafel gelê is nie. Hy sê dis al tradisie dat wetsontwerpe sonder behoorlike bespreking op parlementslede afgedwing word, en vra wat die rede is vir die vertraging.
Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering van nasionale eenheid sal voortgaan om alle nasionale begrotings te ondersteun. Gedurende 'n toespraak in die Vrystaat het hy die DA se dreigemente afgemaak en gesê begrotings dien die mense en nie individuele ministers nie. Mashatile het beklemtoon die ANC sal vir elke begroting…
AfriForum sê die Stad Tshwane beledig belastingbetalers deur hulle in hofstukke as vrybuiters te bestempel as deel van ’n regsgeding oor die stad se nuwe skoonmaakheffing. AfriForum betwis die maandelikse heffing van 194 Suid-Afrikaanse rand en beskryf dit as 'n onregverdige dubbele belasting. Die saak gaan op 24 Julie in…
President Donald Trump het Dinsdag die omstrede nuwe aanhoudingsentrum in Florida genaamd "Alligator Alcatraz" besoek, waar sowat 5 000 migrante aangehou sal word. Sommige staatswetgewers, die burgemeester, inheemse groepe en bewaringsorganisasies is gekant teen die konstruksie daarvan en sê dat dit 'n belangrike ekosisteem kan benadeel. Alligators en luislange in…
Die polisie in Swakopmund het 'n maand lange operasie geloods om die diefstal en misbruik van vullisdromme aan te pak. Ongeveer 100 vullisdromme word maandeliks gesteel en moet gratis vervang word. Die dromme word na bewering vir kriminele aktiwiteite gebruik, insluitend die vervoer van gesteelde goedere. Linda Mupupa, munisipale woordvoerder…
Die Organisasie teen Belastingmisbruik sê die Parlement moet sy mag terugkry deur op te staan teen partylojaliteite en hy moet die uitvoerende gesag sonder vrees aanspreeklik hou. Die organisasie doen 'n beroep vir 'n mense-gesentreerde benadering tot toesig waarin burgers eerste gestel word, en versoek lede van die Parlement om…
Amerikaanse president Donald Trump het, sonder om enige besonderhede te verskaf, gesê dat Israel ingestem het tot 'n 60-dag wapenstilstand in Gaza. Die veiligheids- en verdedigingsontleder professor Michael Clarke het met SkyNews gepraat en is nie optimisties nie, maar sê dat daar dalk 'n beter kans op 'n wapenstilstand is…
Die buurland se polisiediens het meer as 67 000 aansoeke ontvang vir sy basiese opleidingsprogram. Die hoë volume het vertragings veroorsaak op die werwings-webblad en tegniese spanne werk om die stelsel bestendig te kry. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk het aansoekers herinner die sluitingsdatum is 18 Julie:
’n Hittegolf hou Europa steeds in sy greep, terwyl Brittanje ’n maksimum van 33,6-grade Celsius in Kent aangeteken het, wat dit die warmste dag van die jaar tot dusver maak. Namibiër Christo van Niekerk is tans in Londen... hy sê ons moet dankbaar wees.
Reaksie word ontvang op Namibië wat minder krag opwek met vraag wat groei. Die land het 548,5 miljoen kilowatt-ure elektrisiteit in die eerste kwartaal van 2025 ingevoer, 'n skerp toename van die 491,7 miljoen wat in dieselfde tydperk verlede jaar aangeteken is, te midde van stygende vraag en 'n afname…
2 Jul 12AM
1 min
1320 – 1340
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.