Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1340 – 1360

Dagga: Vol bank regters hoor grondwetlike aansoek vandag aan

Drie regters van die Windhoek Hooggeregshof sal vandag argumente aanhoor om te besluit of 'n grondwetlike uitdaging teen Namibië se daggaverbod kan voortgaan. Die saak, aanhangig gemaak deur Brian Jaftha en Borro Ndungula, leiers van Ganja Users of Namibia, poog om die verbod op daggagebruik deur volwassenes ongrondwetlik te laat…
2 Jul 12AM 1 min

DA lê klagte teen hoër onderwysminister

Die DA het in Kaapstad strafregtelike klagte gelê teen die minister van Hoër Onderwys, Nokubhle Nkabane, omdat sy na bewering vir die parlement gelieg het oor die aanstelling van ANC-kaders. Die party sê sy het vals beweer 'n onafhanklike paneel het die bedrieglike aanstellings van mense met ANC-bande op die…
1 Jul 11PM 1 min

Trump se Big beautiful bill net-net goedgekeur

Die Republikeins-beheerde Amerikaanse senaat het president Donald Trump se Big, beautiful bill naelskraaps goedgekeur, na die stemme op 50 vir en 50 teen te staan gekom het en vise-president JD Vance die beslissende stem uitgebring het. Die Republikeine Thom Tillis van Noord-Carolina, Susan Collins van Maine en Rand Paul van…
1 Jul 11PM 1 min

Ministerie loop deur oor skeidsregters se betaling

Die PDM-parlementslid Utaara Mootu het in die Nasionale Vergadering onderwysminister Sanet Steenkamp uitgevra oor die wanbetaling van wedstrydskeidsregters en assessors sedert Maart vanjaar. Mootu sê dat amptenare herhaaldelik opgevolg het oor hul salarisse, net om te hoor dat daar geen beskikbare fondse is nie. Sy het die ministerie ook gekritiseer…
1 Jul 11AM 1 min

Trump sê Doge moet dalk na Musk kyk

Die bekgeveg tussen Amerikaanse president Dondald Trump en sy voormalige bondgenoot, Elon Musk, het weer opgevlam. Musk het Trump se sogenaamde groot, pragtige wetsontwerp herhaaldelik gekritiseer, en aangedui dat dit sy werk by die departement van regeringsdoeltreffendheid, of Doge, om die regering se besteding te besnoei, ondermyn. Trump het aan…
1 Jul 11AM 1 min

Beleggings is vir almal, selfs met klein bedrae

Mikrobeleggings laat enigiemand toe om welvaart te bou deur klein bedrae in aandele of fondse te belê. Fraksionele beleggings bou waarde oor tyd en maak mettertyd groter beleggings moontlik. Ivan Heigan, finansiële adviseur by Old Mutual Namibia, het meer.
1 Jul 10AM 1 min

NNN stel 7 nuwe streeksgoewerneurs aan

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het sewe nuwe streekgoewerneurs aangestel om die belange van die sentrale regering te dien en die effektiewe implementering van beleide en programme regoor Namibië te verseker. Die aanstellings is daarop gemik om regering te versterk en die lewensgehalte van alle Namibiërs te verbeter. Die nuut aangestelde goewerneurs…
1 Jul 10AM 1 min

Onderwys in krisis weens swak beplanning: LPM

Edda Bohn, adjunk-uitvoerende direkteur van die onderwysministerie, het onlangs gesê die meeste leerders in graad 3 sukkel om te lees en ‘n eenvoudige storie te verstaan. Nege uit tien kinders voldoen nie aan die minimumvereisters vir geletterdheid vir tienjariges nie, en skaars ‘n derde het geskikte syfervaardighede. Die LPM se…
1 Jul 10AM 1 min

Bankfinansiering, wette voorsien nie vir alle boumateriale

Te midde van die behuisingstekort sê sommige munisipaliteite hulle het geen probleem met alternatiewe boumateriaal nie, mits dit veilig is en aan regulasies voldoen. Volgens Mariental se Paul Nghiwilepo is bankfinansiering die grootste struikelblok vir nie-tradisionele huise. Swakopmund se Alfeus Benjamin sê wetgewing en bouregulasies moet nog aangepas word. Kosmos…
1 Jul 9AM 1 min

Voorsien Zille ineenstorting van RNE?

Die voorsitter van die DA se federale raad, Helen Zille, sê die party het wel 'n mosie van wantroue teen president Cyril Ramaphosa. Die party beskuldig hom omdat hy nie teen korrupte ANC-ministers opgetree het nie. Dit volg nadat Ramaphosa die DA se adjunkminister van Handel en Nywerheid, Andrew Whitfield,…
1 Jul 9AM 1 min

Vervoerkoste dryf inflasie, ander sektore groei

Die sentrale bank het meer inligting gegee oor die ekonomie se groei van 2,7 persent in die eerste kwartaal. Inflasie het tot 3,7 persent gestyg, gedryf deur vervoerkoste. Openbare skuld het intussen 166,7 miljard Namibiese dollar bereik. Die bank sê globale onsekerheid en streekspanning het druk bygevoeg. Sandra Garises, segspersoon…
1 Jul 8AM 1 min

Cosatu loof Nehawu vir 38 jaar diens

Cosatu het die vakbond Nehawu gelukgewens met sy diens van 38 jaar aan werkers. Die federasie sê Nehawu het sedert sy stigting op 27 Junie 1987 ware betekenis aan vakbondwese verleen wat verder strek as die stryd in die werkplek - hy het ook klem geplaas op die uitwerking van…
1 Jul 7AM 1 min

12 privaat dokters bied dienste by Katutura-hospitaal aan

Die gesondsheidsminister, Esperance Luvindao, het aangekondig dat 12 mediese dokters uit die privaatsektor vrywillig aangebied het om gratis by die Katutura-gesondheidsentrum te werk. Dit kom na die ministerie 'n beroep op dokters gedoen het om hul dienste aan te bied, veral in die aand. Luvindao sê sekere gesondheidentrums se ure…
1 Jul 6AM 1 min

Britse minister meen Palestyne moet ook 'Oekraïnse visums' kry

Terwyl presiese syfers onbekend is, is daar meer as 5 000 mense in die Verenigde Koninkryk wat Palestynse burgerskap het. Die land se arbeids- en samewerkingminister Rachel Maskell stel voor dat die Oekraïnse visum, wat toegelaat het dat familielede van die in Brittanje by hulle kan aansluit ook vir Gaza…
1 Jul 6AM 1 min

As Modi-besoek oor mynwese gaan, verloor Namibië weer

Reaksie word ontvang op die nuus dat Indië se eerste minister, Narendra Modi, op 9 Julie 'n staatsbesoek aan Namibië sal aflê. Die besoek sal fokus op die versterking van bande, met ooreenkomste wat onderteken sal word in handel, gesondheid, onderwys, en meer. Modi sal ook die parlement toespreek. Die…
1 Jul 6AM 1 min

Brandstofprys: Jy hoef vanaand niks te doen nie, gaan ontspan

Terwyl brandstofpryse in die buurland styg, is Namibiërs effe meer gelukkig. Die energie-ministerie het verbruikers tegemoet gekom deur die brandstofprys vir Julie onveranderd te laat, ten spyte van onderverhalings. Kosmos 94.1 Nuus het met Abednego Ekandjo, die petroleum-ekonoom by die energieministerie gepraat.
1 Jul 6AM 1 min

Suider-Afrika moet saam werk en dan VSA nader

Terwyl die Trump-administrasie se beleidsrigtings steeds wêreldwye handel, diplomasie en beleggingsprioriteite hervorm, staan Suider-Afrika by 'n strategiese kruispad, gereed om geopolitieke verskuiwings in ekonomiese geleenthede te omskep deur streeksintegrasie te versterk, globale vennootskappe te diversifiseer en sy rol in 'n veranderende wêreldorde te bevestig. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met…
1 Jul 6AM 1 min

Idaho-skieter was 20, wou brandweerman word

Die Idaho-polisie sê die skieter van twee brandbestryders in Coeur d'Alene is die 20-jarige Wess Roley. ‘n Derde brandweerman is in die hospitaal in die intensiewe sorgeenheid. Sheriff Bob Norris sê Roley, wat selfmoord op die toneel gepleeg het, wou graag ‘n brandweerman word maar dit is onbekend of dit…
1 Jul 5AM 1 min
1340 – 1360