Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1360 – 1380

SAPD moet desentraliseer

AfriForum doen ʼn beroep op die polisie om dit ernstig te oorweeg om polisiemagte in die lig van die land se verlammende misdaadkrisis af te wentel. Jacques Broodryk van AfriForum sê die nuwe nasionale misdaadbekampingstrategie, Operasie Shanela 2, beklemtoon die gesentraliseerde aard van Suid-Afrika se polisiëringsmodel wat landsburgers herhaaldelik in…
1 Jul 5AM 1 min

Tuine van alle soorte in Windhoek Grows-veldtog

Windhoek se burgemeester, Ndeshihafela Larandja, gaan vandeesmaand die Windhoek Grows-veldtog loods om volhoubare tuinpraktyke te bevorder en voedselsekuriteit te verbeter. Die program sal in vennootskap met die landbouministerie en Unam aangebied word. Tussen 200 en 300 inwoners sal opgelei word in onder andere vertikale tuine, tuine in houers en waterwysheid…
1 Jul 4AM 1 min

Lamola beklemtoon beter skuldbestuur

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê dis noodsaaklik om makro-ekonomiese bestendigheid deur omsigtige fiskale en monetêre beleid te herstel. Lamola het ʼn toespraak in Sevilla, Spanje, gelewer by die Tafelronde vir Veelvuldige Belanghebbendes met die tema, Gee nuwe lewe aan Internasionale Ontwikkelingsamewerking. Hy sê beleggersvertroue sal…
1 Jul 4AM 1 min

Nie-bank finansiële sektor is gesond

Namfisa se statistiekeverslag vir die eerste kwartaal toon bestendige groei in die nie-bank finansiële sektor ten spyte van voldoeningsprobleme, hoofsaaklik by mikroleners. Sleutelbedrywe soos versekering, mediese fondse en aftreefondse het goed presteer, ondersteun deur sterk marktoestande. Die meeste verbruikersklagtes is opgelos, met mikroleners wat die hoof-bron van kommer bly. Joanette…
1 Jul 3AM 1 min

Tshwane verloor R130m omdat kragonderbrekings net in werksure herstel mag word

Die DA sê Tshwane het 130 miljoen Suid-Afrikaanse rand in inkomste uit elektrisiteit in April verloor as gevolg van langdurige onderbrekings wat vererger is deur ’n beleid wat noodherstelwerk buite gewone ure verbied. Die DA se woordvoerder vir Finansies, Jacqui Uys, gee swak vakmanskap en die besluite van die ANC-geleide…
1 Jul 3AM 1 min

Kenner sê oor Europese hittegolf

Europa ervaar tans 'n ongekende hittegolf met brande wat in Turkye, Spanje en Italië voorkom. Hittewaarskuwings is ook ingestel vir dele van Spanje, Portugal, Italië, Duitsland, die Verenigde Koninkryk en die Balkanlande, insluitend Kroasië. Die warmste Junie-dae ooit was oor die naweek aangeteken in beide Spanje en Portugal. Die professor…
1 Jul 2AM 1 min

Numsa vra sanksies teen Israel

Die metaalwerkersvakbond Numsa veroordeel die VSA en Israel ten sterkste oor hulle rol in die onlangse militêre aanvalle op Iran. Die vakbond sê onlangse bombardement deur Amerika op Iran se kernaanlegte is deur Israel se ongevraagde aanvalle ontketen, wat deur die VSA met wapens en militêre tegnologie ondersteun is. Numsa…
1 Jul 2AM 1 min

Trump soek sy Big, beautiful bill teen Vrydag

Senators voer op die oomblik debat 'n wetsontwerp van byna 1 000 bladsye wat deurslaggewend sal wees vir president Donald Trump se binnelandse agenda. Die druk is aan omdat Trump wil hê die wetsontwerp, sy Big, beautiful bill, teen Vrydag, 4 Julie, goedgekeur moet word. Die Withuis se perssekretaris Karoline…
1 Jul 1AM 1 min

Stryd teen staatskapingkorrupsie duur voort

Die Teenkorrupsie-ondersoekdirektoraat het belowe om die stryd teen staatskapingskorrupsie voort te sit na vier voormalige Transnet-bestuurders borgtog van 50 000 Suid-Afrikaanse rand elk deur die Palm Ridge Handelsmisdaadhof toegestaan is. Brian Molefe, Anoj Singh, Siyabonga Gama en Thamsanqa Jiyane staan tereg op 18 aanklagte, insluitend korrupsie. Henry Mamothame van die…
1 Jul 1AM 1 min

Saai hou boere se uitdagings op die voorgrond

Die Suider-Afrikaanse Agri-insiatief, Saai, sê die ware omvang van misdaad op die buurland se plase en in landelike gebiede word heeltemal onderskat omdat baie voorvalle nie by die polisie aangemeld word nie. Saai-woordvoerder, Leon Lourens, sê die statistiek van eksterne rolspelers en die SAPD se datastelsel, onthul dat slegs 50-persent…
1 Jul 1AM 1 min

Ekonome sê onsekerheid, eksplorasie sal prestasie raak

Namibië se ekonomie het met net 2,7 persent in die eerste kwartaal gegroei, laer as die 3,6 persent van die vorige kwartaal en die 4,8 persent van die ooreenstemmende drie maande in 2024. Cirrus sê aflandige bedrywighede en politieke onsekerheid gaan ‘n beduidende invloed op die ekonomie in die komende…
1 Jul 12AM 1 min

Plaaslike deelname by Venus in die regering se visier

Namibië beplan om finansiële aansporings in te stel om TotalEnergies se ontwikkeling van die Venus-olieveld te ondersteun. Kornelia Shilunga, hoof van die Stroomop Petroleumeenheid, sê die regering ondersoek kredietondersteuning en vennootskappe om toegang tot kapitaal vir plaaslike firmas te vergemaklik. Nuwe lisensiëringsrondes kan geloods word om eksplorasie te bevorder, terwyl…
1 Jul 12AM 1 min

Naiker sê GNU se finansiële stand is kommerwekkend

Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is besorg oor Suid-Afrika se verswakkende finansiële gesondheid weens die verkrummelende toestand van munisipaliteite en staatsondernemings. Die vakbond sê die Reserwebank se onlangse Finansiële Stabiliteitsoorsig dui die erns van die situasie aan, met regeringskuld wat tot bykans 80-persent van BBP sal styg, wat 'n…
30 Jun 11PM 1 min

Britse polisie open formeel ondersoek na Bob Vylan se Glastonbury-uitlatings

Britse polisie het 'n kriminele ondersoek geopen oor kommentaar van Bob Vylan en Kneecap by die Glastonbury musiekfees. Die BBC het die vertonings regstreeks uitgesaai. Die polisie in Avon en Somerset sê die optredes is as openbare orde-voorvalle aangeteken en die ondersoek kyk na onder andere haatmisdade. Pascal Robinson-Foster, van…
30 Jun 11PM 1 min

Siviele kontrakteurs se vertroue daal steeds

'n Senior ekonoom van FNB, Siphamandla Mkhwanazi, sê die FNB/Buro vir Ekonomiese Navorsing se vertroue-indeks vir siviele kontrakteurs het die derde agtereenvolgende kwartaal gedaal tot die vlak van 41 in die tweede kwartaal van vanjaar, teenoor 45 in die eerste kwartaal. Hy sê dit toon aan dat byna 60-persent van…
30 Jun 11AM 1 min

Ongekende hittegolf teister Europa, VK

Frankryk en Europa ervaar tans 'n ongekende hittegolf en Franse owerhede het 'n rekordgetal hittewaarskuwings uitgereik. Die BBC berig daar is 'n oranje waarskuwing, die land se tweede hoogste, uitgereik in sowat 84 uit 96 van die streke in Frankryk. Die minister belas met klimaatsaangeleenthede, Agnès Pannier-Runacher, het dit 'n…
30 Jun 11AM 1 min

Tradisionele leiers besoek SA, verken ontwikkeling

Die Namibiese Raad van Tradisionele Leiers het sy driedaagse besoek aan Suid-Afrika afgesluit. Hulle reis was gemik op die verkenning van maniere waarop tradisionele owerhede meer selfstandig kan word. Die sending het geëindig met 'n besoek aan die Bakgatla-Ba-Kgafela-gemeenskap in Noordwes, waar die afvaardiging na ontwikkelingsinisiatiewe gekyk het wat fokus…
30 Jun 11AM 1 min

Vrae hang weer oor gereedheid vir komende verkiesings

Vrae oor Namibië se gereedheid vir die komende verkiesing vir plaaslike owerhede en streeksrade ontstaan met die Verkiesingskommissie se kalender wat geen melding maak van die nuut afgebakende kiesafdelings nie. Die vertraging in die vrystelling van verlede jaar se verkiesingsverslag en stilte van SAOG-waarnemers dra by tot groeiende kommer. Kosmos…
30 Jun 10AM 1 min

Lynministerie 'sal werk maak van Afrika-handelsooreenkoms'

By die amptelike bekendstelling van Afrika-kontinentale vryhandelsooreenkoms in Walvisbaai het die handelsministerie Namibië se toetrede tot intra-Afrikaanse handel gevier, met die eerste besending wat vanaf die Walvisbaai-hawe sal vertrek. Die geleentheid het regeringsamptenare, handelskundiges en belanghebbendes uit die privaatsektor bymekaargebring. Die minister van handel, Selma Ashipala-Musavyi, het meer.
30 Jun 10AM 1 min
1360 – 1380