Ongekende hittegolf teister Europa, VK

Loading player...
Frankryk en Europa ervaar tans 'n ongekende hittegolf en Franse owerhede het 'n rekordgetal hittewaarskuwings uitgereik. Die BBC berig daar is 'n oranje waarskuwing, die land se tweede hoogste, uitgereik in sowat 84 uit 96 van die streke in Frankryk. Die minister belas met klimaatsaangeleenthede, Agnès Pannier-Runacher, het dit 'n "ongekende" situasie genoem. Hittewaarskuwings is ook ingestel vir dele van Spanje, Portugal, Italië, Duitsland, die Verenigde Koninkryk en die Balkanlande, insluitend Kroasië. Die warmste Junie-dae ooit was oor die naweek aangeteken in beide Spanje en Portugal. Mehrzad Joussefi, 'n toeris in Seville, Spanje, waar die kwik tot 48 grade Celsius gestyg het, het met die BBC gepraat.
30 Jun 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Aansoeke vir 2026-TVET-inname oop by NamWater

Aansoeke by NamWater se Menslike Hulpbronontwikkelingsentrum is nou oop vir sy TVET-inname vir Januarie 2026, wat opleiding in loodgieterswerk, elektriese installasie, houtwerk en ander ambagte aanbied. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die hoof van openbare betrekkinge en korporatiewe kommunikasie, Lot Ndamanomhata, wat sê die programme is daarop gemik om…
27 Aug 2AM 1 min

AfriForum sê NEDLAC hou geheime gesprekke oor Vuurwapenwet

AfriForum vra deursigtigheid ná bewerings van geheime samesprekings by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad oor wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer. Die organisasie sê besprekings oor vuurwapens, insluitend eienaarskapsperke en strenger lisensiëring, vorm nie deel van NEDLAC se mandaat nie en moet bedryfsgroepe, sportskutte en privaat sekerheidsmaatskappye insluit. Jacques…
27 Aug 2AM 1 min

Aussies soek na man wat drie polisielede skiet

Die polisie in Australië soek na ʼn swaar gewapende man wat gister in Porepunkah, Victoria, drie polisiebeamptes geskiet het. Twee van die slagoffers is dood. Die verdagte is geïdentifiseer as die 56-jarige Dezi Freeman. Daar is op tien polisiebeamptes gevuur toe hulle na Freeman se eiendom gegaan het met ʼn…
27 Aug 1AM 1 min

Green Connection betreur onbillike energie-oorgang

Green Connection en Natural Justice sê die stryd om te verseker dat Suid-Afrika na 'n billike energie- en ekonomiese toekoms oorskakel, is steeds 'n opdraande stryd. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het vroeër vandeesmaand die regering se goedkeuring van TotalEnergies se blok-boorplanne aan die kus tussen Kaapstad en Kaap Agulhas omvergewerp. Shahil…
27 Aug 1AM 1 min

Boere uitgenooi na herlewingslandbou-dag

Boere sal op 27 September by plaas Neu-Otjisororindi naby Gobabis bymekaarkom om herlewingslandbou te vier met 'n spesiale fokus op hoëdigtheid-weiding onder Namibiese toestande. Hoogtepunte sluit in praatjies oor die koste en voordele van hoëdigtheid-weiding, 'n paneelbespreking met Namibiese produsente en 'n veldbesoek wat deelnemers 'n eerstehandse kykie sal gee…
27 Aug 1AM 1 min