
Boere uitgenooi na herlewingslandbou-dag
Loading player...
Boere sal op 27 September by plaas Neu-Otjisororindi naby Gobabis bymekaarkom om herlewingslandbou te vier met 'n spesiale fokus op hoëdigtheid-weiding onder Namibiese toestande. Hoogtepunte sluit in praatjies oor die koste en voordele van hoëdigtheid-weiding, 'n paneelbespreking met Namibiese produsente en 'n veldbesoek wat deelnemers 'n eerstehandse kykie sal gee na weidingstelsels in aksie. Kosmos 94.1 Nuus het 'n gesprek gevoer met Gerry Weber, 'n aanbieder by die Herlewingslandboudag.