Aansoeke vir 2026-TVET-inname oop by NamWater

Loading player...
Aansoeke by NamWater se Menslike Hulpbronontwikkelingsentrum is nou oop vir sy TVET-inname vir Januarie 2026, wat opleiding in loodgieterswerk, elektriese installasie, houtwerk en ander ambagte aanbied. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die hoof van openbare betrekkinge en korporatiewe kommunikasie, Lot Ndamanomhata, wat sê die programme is daarop gemik om studente met praktiese vaardighede toe te rus terwyl Namibië se werksmag versterk word.
27 Aug 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ithete waarsku skrootmetaal-handelaars

Die adjunk-eerste minister en energie-minister, Natangwe Ithete, het kommer uitgespreek oor toenemende koperkabeldiefstal in die Otjozondjupa-streek. Tydens die inbedryfstelling van gesamentlike elektrifiseringsprojekte in Otjiwarongo se Ombili-informele nedersetting, het Ithete gesê dat vandalisme van elektrisiteitskiosks en kabeldiefstal inwoners steeds benadeel. Hy het skrootwerfoperateurs gewaarsku teen die koop van gesteelde koper en…
27 Aug 3AM 1 min

Italië 'n grote vir die Bok-vroue

Die Springbok-vroue se hulpafrigter, Franzel September, sê hulle het goeie momentum in aanloop tot Sondag se tweede Groep D-wêreldbekerwedstryd teen Italië in Engeland. Na hulle oortuigende 66-6-sege teen Brasilië in hul openingswedstryd, sal ʼn oorwinning teen Italië die Suid-Afrikaners onder die top-twee in Groep D plaas en plek in die…
27 Aug 3AM 1 min

Nasionale dialoog is onpartydig - Mbalula

Die ANC verwerp bewerings dat die nasionale dialoog deur die party aangedryf word. Hy dring aan dat die proses onpartydig is en bedoel is om konsensus te bou oor Suid-Afrika se dringende sosio-ekonomiese uitdagings. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het die media meegedeel dat die dialoog 'n nasionale…
27 Aug 3AM 1 min

Reform UK sal met enige regering onderhandel, moreel of nie

Die migrante-krisis in Brittanje kring uit met talle protesaksies by hotelle regoor die land waar migrante aangehou word, wat voorkom. Die konserwatiewe Reform UK sê as hy aan bewind was in die land, sou hy met enige regering, insluitend Soedan en die Taliban in Afghanistan, ooreenkomste onderteken om hulle migrante…
27 Aug 3AM 1 min

AfriForum sê NEDLAC hou geheime gesprekke oor Vuurwapenwet

AfriForum vra deursigtigheid ná bewerings van geheime samesprekings by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad oor wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer. Die organisasie sê besprekings oor vuurwapens, insluitend eienaarskapsperke en strenger lisensiëring, vorm nie deel van NEDLAC se mandaat nie en moet bedryfsgroepe, sportskutte en privaat sekerheidsmaatskappye insluit. Jacques…
27 Aug 2AM 1 min