
AfriForum sê NEDLAC hou geheime gesprekke oor Vuurwapenwet
Loading player...
AfriForum vra deursigtigheid ná bewerings van geheime samesprekings by die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad oor wysigings aan die Wet op Vuurwapenbeheer. Die organisasie sê besprekings oor vuurwapens, insluitend eienaarskapsperke en strenger lisensiëring, vorm nie deel van NEDLAC se mandaat nie en moet bedryfsgroepe, sportskutte en privaat sekerheidsmaatskappye insluit. Jacques Broodryk van AfriForum waarsku die uitsluiting van belanghebbendes ondermyn openbare vertroue en beloof hy sal enige pogings teenstaan om wetsgehoorsame burgers te ontwapen: