
Aussies soek na man wat drie polisielede skiet
Loading player...
Die polisie in Australië soek na ʼn swaar gewapende man wat gister in Porepunkah, Victoria, drie polisiebeamptes geskiet het. Twee van die slagoffers is dood. Die verdagte is geïdentifiseer as die 56-jarige Dezi Freeman. Daar is op tien polisiebeamptes gevuur toe hulle na Freeman se eiendom gegaan het met ʼn lasbrief vir inhegtenisneming weens vermeende seksuele oortredings. Victoria se hoof-polisiekommissaris, Mike Bush, sê die soektog fokus op ʼn beboste gebied naby Freeman se huis: