Green Connection betreur onbillike energie-oorgang

Loading player...
Green Connection en Natural Justice sê die stryd om te verseker dat Suid-Afrika na 'n billike energie- en ekonomiese toekoms oorskakel, is steeds 'n opdraande stryd. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het vroeër vandeesmaand die regering se goedkeuring van TotalEnergies se blok-boorplanne aan die kus tussen Kaapstad en Kaap Agulhas omvergewerp. Shahil Singh van Green Connection sê hulle het gedetailleerde besware ingedien teen Main Street 1549 se konsepverslag oor omgewings- en sosiale impakstudies vir nog 'n voorgestelde olie- en gasopname aan die kus:
27 Aug 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ithete waarsku skrootmetaal-handelaars

Die adjunk-eerste minister en energie-minister, Natangwe Ithete, het kommer uitgespreek oor toenemende koperkabeldiefstal in die Otjozondjupa-streek. Tydens die inbedryfstelling van gesamentlike elektrifiseringsprojekte in Otjiwarongo se Ombili-informele nedersetting, het Ithete gesê dat vandalisme van elektrisiteitskiosks en kabeldiefstal inwoners steeds benadeel. Hy het skrootwerfoperateurs gewaarsku teen die koop van gesteelde koper en…
27 Aug 3AM 1 min

Italië 'n grote vir die Bok-vroue

Die Springbok-vroue se hulpafrigter, Franzel September, sê hulle het goeie momentum in aanloop tot Sondag se tweede Groep D-wêreldbekerwedstryd teen Italië in Engeland. Na hulle oortuigende 66-6-sege teen Brasilië in hul openingswedstryd, sal ʼn oorwinning teen Italië die Suid-Afrikaners onder die top-twee in Groep D plaas en plek in die…
27 Aug 3AM 1 min

Nasionale dialoog is onpartydig - Mbalula

Die ANC verwerp bewerings dat die nasionale dialoog deur die party aangedryf word. Hy dring aan dat die proses onpartydig is en bedoel is om konsensus te bou oor Suid-Afrika se dringende sosio-ekonomiese uitdagings. Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, het die media meegedeel dat die dialoog 'n nasionale…
27 Aug 3AM 1 min

Reform UK sal met enige regering onderhandel, moreel of nie

Die migrante-krisis in Brittanje kring uit met talle protesaksies by hotelle regoor die land waar migrante aangehou word, wat voorkom. Die konserwatiewe Reform UK sê as hy aan bewind was in die land, sou hy met enige regering, insluitend Soedan en die Taliban in Afghanistan, ooreenkomste onderteken om hulle migrante…
27 Aug 3AM 1 min

Aansoeke vir 2026-TVET-inname oop by NamWater

Aansoeke by NamWater se Menslike Hulpbronontwikkelingsentrum is nou oop vir sy TVET-inname vir Januarie 2026, wat opleiding in loodgieterswerk, elektriese installasie, houtwerk en ander ambagte aanbied. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met die hoof van openbare betrekkinge en korporatiewe kommunikasie, Lot Ndamanomhata, wat sê die programme is daarop gemik om…
27 Aug 2AM 1 min