Namibië beplan om finansiële aansporings in te stel om TotalEnergies se ontwikkeling van die Venus-olieveld te ondersteun. Kornelia Shilunga, hoof van die Stroomop Petroleumeenheid, sê die regering ondersoek kredietondersteuning en vennootskappe om toegang tot kapitaal vir plaaslike firmas te vergemaklik. Nuwe lisensiëringsrondes kan geloods word om eksplorasie te bevorder, terwyl…
Die Vereniging van Staatsamptenare sê hy is besorg oor Suid-Afrika se verswakkende finansiële gesondheid weens die verkrummelende toestand van munisipaliteite en staatsondernemings. Die vakbond sê die Reserwebank se onlangse Finansiële Stabiliteitsoorsig dui die erns van die situasie aan, met regeringskuld wat tot bykans 80-persent van BBP sal styg, wat 'n…
Britse polisie het 'n kriminele ondersoek geopen oor kommentaar van Bob Vylan en Kneecap by die Glastonbury musiekfees. Die BBC het die vertonings regstreeks uitgesaai. Die polisie in Avon en Somerset sê die optredes is as openbare orde-voorvalle aangeteken en die ondersoek kyk na onder andere haatmisdade. Pascal Robinson-Foster, van…
'n Senior ekonoom van FNB, Siphamandla Mkhwanazi, sê die FNB/Buro vir Ekonomiese Navorsing se vertroue-indeks vir siviele kontrakteurs het die derde agtereenvolgende kwartaal gedaal tot die vlak van 41 in die tweede kwartaal van vanjaar, teenoor 45 in die eerste kwartaal. Hy sê dit toon aan dat byna 60-persent van…
Frankryk en Europa ervaar tans 'n ongekende hittegolf en Franse owerhede het 'n rekordgetal hittewaarskuwings uitgereik. Die BBC berig daar is 'n oranje waarskuwing, die land se tweede hoogste, uitgereik in sowat 84 uit 96 van die streke in Frankryk. Die minister belas met klimaatsaangeleenthede, Agnès Pannier-Runacher, het dit 'n…
Die Namibiese Raad van Tradisionele Leiers het sy driedaagse besoek aan Suid-Afrika afgesluit. Hulle reis was gemik op die verkenning van maniere waarop tradisionele owerhede meer selfstandig kan word. Die sending het geëindig met 'n besoek aan die Bakgatla-Ba-Kgafela-gemeenskap in Noordwes, waar die afvaardiging na ontwikkelingsinisiatiewe gekyk het wat fokus…
Vrae oor Namibië se gereedheid vir die komende verkiesing vir plaaslike owerhede en streeksrade ontstaan met die Verkiesingskommissie se kalender wat geen melding maak van die nuut afgebakende kiesafdelings nie. Die vertraging in die vrystelling van verlede jaar se verkiesingsverslag en stilte van SAOG-waarnemers dra by tot groeiende kommer. Kosmos…
By die amptelike bekendstelling van Afrika-kontinentale vryhandelsooreenkoms in Walvisbaai het die handelsministerie Namibië se toetrede tot intra-Afrikaanse handel gevier, met die eerste besending wat vanaf die Walvisbaai-hawe sal vertrek. Die geleentheid het regeringsamptenare, handelskundiges en belanghebbendes uit die privaatsektor bymekaargebring. Die minister van handel, Selma Ashipala-Musavyi, het meer.
ActionSA sê hy sal nie deur ander partye beïnvloed word om te besluit of hulle 'n mosie van wantroue teen president Cyril Ramaphosa sal steun of nie. Die party is lankal bekommerd oor Ramaphosa se leierskap, maar sal sy eie besluit neem indien so ’n mosie ingedien word. Athol Trollip…
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Antonio Guterres sê die oplossing vir die verskriklike humanitêre krisis in Gaza is in werklikheid polities. Die enigste volhoubare pad om hoop in Gaza te herstel, is deur die weg te baan vir die tweestaatoplossing.
Die onderwysministerie het die Namibiese weergawe van die "End of learning poverty for all in Africa" veldtog geloods. Tydens 'n inligtingsessie by die inligtingministerie het die adjunk-direkteur van onderwys, Edda Bohn, van die uitdagings uiteengesit.
Die Stad Kaapstad sê die onwettige handel in skrootmetaal bly 'n reuse-uitdaging. Die stad het die nuus verwelkom dat 'n kabeldief wat twee jaar gelede deur die metro se eenheid teen metaaldiefstal aangekeer is, tot 15 jaar tronkstraf gevonnis is. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê Kaapstad…
Die ANC se kantoor vir Jong Vroue het die pandemie van geslagsgeweld en vrouemoord in al sy vorme veroordeel. Nkanyezi Thabethe van die ANC het verwys na die onlangse moord op twee graad 12-leerders van die Oos-Kaap. Sy sê die twee meisies is dood ná 'n onskuldige besluit oor ontspanningsbedrywighede,…
NamRA herinner belastingbetalers daaraan dat vandag die finale sperdatum is vir die indien van individuele belastingopgawes. Die voorkeur metode is aanlyn deur ITAS maar NamRA-kantore kan ook besoek word. Kosmos 94.1 Nuus het met NamRA-woordvoerder Tonateni Shidhudhu gepraat.
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies Antonio Guterres sê die oplossing vir die verskriklike humanitêre krisis in Gaza is in werklikheid polities. Die enigste volhoubare pad om hoop in Gaza te herstel, is deur die weg te baan vir die tweestaatoplossing.
Verskuiwings in verbruikersvraag, globale handelsdinamika en produksie-uitdagings hervorm die rooivleismarklandskap. Die voorsitter van die Rooivleis Produsente Organisasie in die buurland, dr. Frikkie Maré brei uit oor die verskeie faktore wat 'n impak op die rooivleismarkte die afgelope tyd gehad het.
By die amptelike bekendstelling van handel onder die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied vanoggend gehou het Walvisbaai se burgemeester, Trevino Forbes, die belangrikheid van die smee van sterker vennootskappe, die verkenning van nuwe sakegeleenthede en die bydrae tot Namibië se volhoubare ontwikkeling, beklemtoon.
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die DA kan kies om die regering van nasionale eenheid te verlaat. Die DA het vroeër aangekondig hy onttrek hom aan die Nasionale Dialoog en gaan nie vir belangrike besluite rakende die begroting stem nie ná president Cyril Ramaphosa se afdanking van…
30 Jun 5AM
1 min
1380 – 1400
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.