
DA kan kies om eenheidsregering te verlaat
Loading player...
Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê die DA kan kies om die regering van nasionale eenheid te verlaat. Die DA het vroeër aangekondig hy onttrek hom aan die Nasionale Dialoog en gaan nie vir belangrike besluite rakende die begroting stem nie ná president Cyril Ramaphosa se afdanking van die adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Andrew Whitfield. Mbalula sê 'n mosie van wantroue in die president deur die DA beteken hulle is uit die RNE: