
12 privaat dokters bied dienste by Katutura-hospitaal aan
Loading player...
Die gesondsheidsminister, Esperance Luvindao, het aangekondig dat 12 mediese dokters uit die privaatsektor vrywillig aangebied het om gratis by die Katutura-gesondheidsentrum te werk. Dit kom na die ministerie 'n beroep op dokters gedoen het om hul dienste aan te bied, veral in die aand. Luvindao sê sekere gesondheidentrums se ure sal ook verleng word.