
Wêreldbank gee uiteindelik gehoor aan Namibië se pleidooi
Loading player...
Namibië is die enigste land wie se Wêreldbank-klassifikasie vanjaar afwaarts aangepas is, van die boonste middelinkomste na die laer middelinkomste-kategorie. Dit kom na jarelange oproepe hiervoor. Die boonste middelinkomste-klassifikasie het veroorsaak dat Namibië gunstige terme op sy ontwikkelingslenings sowel as moeitevrye toegang tot toelaes verloor het. Namibië se voormalige presidente het hierdie pleidooi op talle beskikbare internasionale platforms gemaak en gepleit vir Namibië se herklassifikasie. Hier is oudpresident Hage Geingob in gesprek met die NBC.