Die GOOD-party sê Kaapstad het ʼn regte plan nodig om die grondoorsake van bendegeweld, swak skoolopvoeding, hoë werkloosheid, gebrek aan bekostigbare behuising en verwaarlosing op die Kaapse Vlakte aan te spreek. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, verwys na die onlangse moorde helderoordag op vyf persone by verskillende plekke in Mitchellsplein:
Amerikaanse president Donald Trump het vroeg Vrydag gesê hy is teleurgesteld oor 'n telefoonoproep met die Russiese president Vladimir Putin, want dit lyk nie of hy sy oorlog teen Oekraïne wil stop nie. Amerikaanse pogings om Rusland se oorlog in die Oekraïne deur middel van diplomasie te beëindig, het grootliks…
ActionSA se president Herman Mashaba het sy medelye uitgespreek met die familie, vriende en geliefdes van voormalige adjunkpresident, David Mabuza, wat gister oorlede is. Hy sê Mabuza was ʼn belangrike figuur in Suid-Afrikaanse politiek en het die land in verskeie senior posisies gedien. Dit sluit in premier van Mpumalanga en…
Meer as 100 000 Namibiërs het tussen 2020 en 2024 toegang tot voorblootstellingsprofilakse, bekend as PrEP, verkry. Die gratis MIV-voorkomingsmedikasie, wat in 2016 bekendgestel is, is by openbare gesondheidsfasiliteite met 'n voorskrif beskikbaar om behoorlike gebruik te verseker. Taimi Amaambo, adjunk-uitvoerende direkteur by die gesondheidsministerie het meer.
Amerikaanse immigrasie-agente het die beroemde Mexikaanse bokser, Julio Cesar Chavez Junior, gearresteer en sal hom na Mexiko deporteer. Amptenare sê die 39-jarige bokser het ʼn lasbrief vir inhegtenisneming teen hom in Mexiko weens sy betrokkenheid by die berugte Sinaloa-dwelmkartel. Die gewese middelgewig-wêreldkampioen is ʼn week voor sy arrestasie deur die…
Daar is groot koue in die land en nog ‘n frontale stelsel is op pad. Troeteldiereienaars word aangespoor om ekstra stappe te neem om vir Wagter en Wollie warm en veilig te hou. Kosmos 94.1 Nuus het met veearts Dr. Theuns Laubscher gepraat.
Die PDM-leier McHenry Venaani het in die Nasionale Vergadering op die toespraak wat eerste minister Elijah Ngurare namens die president gelewer het, en groot beloftes gemaak het, gereageer. Hy het die regering gekritiseer vir 'n gebrek aan doeltreffende beleide wat mense se lewens werklik kan transformeer. Hy het toegang tot…
Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, sê haar departement beoog om teen 2030 2 miljoen werksgeleenthede te skep deur 'n gekoördineerde nasionale indiensnemingsplan. Sy het tydens die voorlegging van haar begroting in die Parlement gesê die toewysing van 4 miljard rand sal werkskepping ondersteun. Meth sê die Werkloosheidversekeringsfonds…
Daar is wyd-uiteenlopende reaksie in Amerika op president Donald Trump se “big, beautiful bill” wat deur die Huis van Verteenwoordigers goedgekeur is. 'n Demokratiese verteenwoordiger, Morgan McGarvey van Kentucky, sê die wetsontwerp is 'n klap in die gesig vir die staat se inwoners. Hy het met MSNBC gepraat.
Namibië het 'n handelsoorskot van 121 miljoen Namibiese dollar in Mei aangeteken, met China die belangrikste uitvoermark en Suid-Afrika die hoofinvoerbron. Uitvoere is gelei deur minerale soos uraan, goud en diamante. Voedseluitvoere het invoere met 420 miljoen dollar oortref, terwyl alkoholiese drankies 'n tekort van 178 miljoen getoon het. Petroleumjellie…
Die burgemeester van eThekwini, Cyril Xaba, sê altesaam 25 modeontwerpers sal hul 'Marvels of Mzansi'-uitrustings Saterdag op die hoofverhoog by die Durban July-perdewedren ten toon stel. Dit is deel van die Durban July Fashion Experience, 'n vennootskap tussen eThekwini en die Hollywood-stigting. Xaba sê die modeprogram sluit die Jongontwerperstoekenning, die…
Amerikaanse president Donald Trump en Russiese president Vladimir Putin het Donderdag weer oor die telefoon gepraat. Putin het aan Trump gesê dat Rusland sy doelwitte in Oekraïne sal bereik en hulle nie sal laat vaar nie, volgens die Kremlin-assistent Yury Ushakov, wat met verslaggewers gepraat het. SkyNews se Amerikaanse korrespondent…
Drie Kameroense burgers het in die landdroshof in Pretoria verskyn vir die bestuur van 'n sindikaat wat na bewering geld vervals. Die saak is tot 10 Julie uitgestel vir 'n borgtogverhoor. Die drie is in Elarduspark in hegtenis geneem nadat die polisie hulle vasgetrek het terwyl hulle vals Suid-Afrikaanse note…
Eerste minister Elijah Ngurare het namens president Netumbo Nandi-Ndaitwah in die Nasionale Vergadering die regering se verbintenis tot die verbetering van lewenstandaarde herbevestig. Sleutelplanne sluit in gratis tersiêre onderwys vir almal teen 2026, die hervat van bedrywighede by alle groen skemas, en die vestiging van landbouverwerkingsfasiliteite in al 14 streke…
AfriForum sê die Grondwet en wetgewing maak dit duidelik dat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie nie die mag het om wetlik bindende besluite te neem nie. Die burgerregte-organisasie het by die saak aangesluit om die kommissie se gesag uit te daag. Ernst van Zyl van AfriForum sê die Appèlhof in Bloemfontein het…
President Cyril Ramaphosa sê die voormalige adjunkpresident, David Mabuza verdien Suid-Afrika se waardering vir sy toewyding tot die bevrydingstryd en aan die nasie se ontwikkeling as 'n inklusiewe, voorspoedige en demokratiese staat. Mabuza was 65 en is Donderdag in 'n hospitaal in Mpumalanga oorlede na 'n kort siekbed. Die president…
Die uitspraak in die saak van die hip-hop magnaat Sean “Diddy” Combs is nie 'n oorwinning vir vroue wat steeds sukkel met die tipe geweld wat hulle in hierdie verhoudings ervaar nie. Maar, daar is vrae oor die kultuur in die hip-hop genre. ‘n Professor in Afro-Amerikaanse studies, Mark Anthony…
Die takbestuurder van die Otjiwarongo Dierebeskermingsvereniging is op 18 Junie geskors hangende 'n interne ondersoek, na verskeie klagtes. Die DBV-tak in Otjiwarongo was ook tydelik gesluit. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Silke van der Merwe, die nasionale direkteur van die DBV, wat 'n opdatering gee.
Die Indiese eerste minister, Narendra Modi, sal Namibië op 9 Julie besoek. Indië se sekretaris van ekonomiese betrekkinge, Dammu Ravi, sê die fokus sal op handel en beleggings wees. Huidige handel tussen Indië en Namibië beloop sowat 10,5 miljard Namibiese dollar, en Indiese beleggings kom op sowat 14,1 miljard dollar…
Die tweede fase van die Engen-oorname het amptelik afgeskop, met die Namibiese Mededingingskommissie wat die volgende stappe in die hoëprofiel-verkrygingsproses vanaf 28 Mei bevestig het. Verskeie persele sal deur Vivo Energy oorgeneem word met ander wat beskikbaar is vir ander handelsmerke. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die woordvoerder van…
4 Jul 12AM
1 min
1260 – 1280
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.