Ramaphosa betuig meegevoel na Mabuza sterf

Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê die voormalige adjunkpresident, David Mabuza verdien Suid-Afrika se waardering vir sy toewyding tot die bevrydingstryd en aan die nasie se ontwikkeling as 'n inklusiewe, voorspoedige en demokratiese staat. Mabuza was 65 en is Donderdag in 'n hospitaal in Mpumalanga oorlede na 'n kort siekbed. Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê namens die regering en die nasie betuig Ramaphosa sy diepste meegevoel aan die oorlede adjunkpresident se vrou, Mama Mabuza, en hul kinders:
4 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kaapstad 'moet grondoorsake van bendegeweld aanspreek'

Die GOOD-party sê Kaapstad het ʼn regte plan nodig om die grondoorsake van bendegeweld, swak skoolopvoeding, hoë werkloosheid, gebrek aan bekostigbare behuising en verwaarlosing op die Kaapse Vlakte aan te spreek. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, verwys na die onlangse moorde helderoordag op vyf persone by verskillende plekke in Mitchellsplein:
4 Jul 8AM 1 min

Trump teleurgesteld na Putin-gesprek

Amerikaanse president Donald Trump het vroeg Vrydag gesê hy is teleurgesteld oor 'n telefoonoproep met die Russiese president Vladimir Putin, want dit lyk nie of hy sy oorlog teen Oekraïne wil stop nie. Amerikaanse pogings om Rusland se oorlog in die Oekraïne deur middel van diplomasie te beëindig, het grootliks…
4 Jul 8AM 1 min

Mashaba bring hulde aan Mabuza

ActionSA se president Herman Mashaba het sy medelye uitgespreek met die familie, vriende en geliefdes van voormalige adjunkpresident, David Mabuza, wat gister oorlede is. Hy sê Mabuza was ʼn belangrike figuur in Suid-Afrikaanse politiek en het die land in verskeie senior posisies gedien. Dit sluit in premier van Mpumalanga en…
4 Jul 6AM 1 min

Aartsbiskop sê Trump se migrante-beleid is moreel afstootlik

Amerikaanse immigrasie-agente het die beroemde Mexikaanse bokser, Julio Cesar Chavez Junior, gearresteer en sal hom na Mexiko deporteer. Amptenare sê die 39-jarige bokser het ʼn lasbrief vir inhegtenisneming teen hom in Mexiko weens sy betrokkenheid by die berugte Sinaloa-dwelmkartel. Die gewese middelgewig-wêreldkampioen is ʼn week voor sy arrestasie deur die…
4 Jul 6AM 1 min

Beskikbaarheid van PrEP verbeter

Meer as 100 000 Namibiërs het tussen 2020 en 2024 toegang tot voorblootstellingsprofilakse, bekend as PrEP, verkry. Die gratis MIV-voorkomingsmedikasie, wat in 2016 bekendgestel is, is by openbare gesondheidsfasiliteite met 'n voorskrif beskikbaar om behoorlike gebruik te verseker. Taimi Amaambo, adjunk-uitvoerende direkteur by die gesondheidsministerie het meer.
4 Jul 6AM 1 min