Modi se besoek bied geleenthede, ook met BRICS

Loading player...
Die Indiese eerste minister, Narendra Modi, sal Namibië op 9 Julie besoek. Indië se sekretaris van ekonomiese betrekkinge, Dammu Ravi, sê die fokus sal op handel en beleggings wees. Huidige handel tussen Indië en Namibië beloop sowat 10,5 miljard Namibiese dollar, en Indiese beleggings kom op sowat 14,1 miljard dollar te staan, hoofsaaklik in minerale. Die besoek sal ook 'n nuwe digitale betalingsvennootskap bevorder en geleenthede in landbou, farmaseutiese produkte en minerale hulpbronne ondersoek. Kosmos 94.1 Nuus het met die plaaslike ekonoom Josef Sheehama gepraat, wat sê die besoek bring goeie geleenthede, dalk ook met BRICS.
4 Jul 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mashaba bring hulde aan Mabuza

ActionSA se president Herman Mashaba het sy medelye uitgespreek met die familie, vriende en geliefdes van voormalige adjunkpresident, David Mabuza, wat gister oorlede is. Hy sê Mabuza was ʼn belangrike figuur in Suid-Afrikaanse politiek en het die land in verskeie senior posisies gedien. Dit sluit in premier van Mpumalanga en…
4 Jul 6AM 1 min

Aartsbiskop sê Trump se migrante-beleid is moreel afstootlik

Amerikaanse immigrasie-agente het die beroemde Mexikaanse bokser, Julio Cesar Chavez Junior, gearresteer en sal hom na Mexiko deporteer. Amptenare sê die 39-jarige bokser het ʼn lasbrief vir inhegtenisneming teen hom in Mexiko weens sy betrokkenheid by die berugte Sinaloa-dwelmkartel. Die gewese middelgewig-wêreldkampioen is ʼn week voor sy arrestasie deur die…
4 Jul 6AM 1 min

Beskikbaarheid van PrEP verbeter

Meer as 100 000 Namibiërs het tussen 2020 en 2024 toegang tot voorblootstellingsprofilakse, bekend as PrEP, verkry. Die gratis MIV-voorkomingsmedikasie, wat in 2016 bekendgestel is, is by openbare gesondheidsfasiliteite met 'n voorskrif beskikbaar om behoorlike gebruik te verseker. Taimi Amaambo, adjunk-uitvoerende direkteur by die gesondheidsministerie het meer.
4 Jul 6AM 1 min

Venaani looi Ngurare na sy belofte-toespraak

Die PDM-leier McHenry Venaani het in die Nasionale Vergadering op die toespraak wat eerste minister Elijah Ngurare namens die president gelewer het, en groot beloftes gemaak het, gereageer. Hy het die regering gekritiseer vir 'n gebrek aan doeltreffende beleide wat mense se lewens werklik kan transformeer. Hy het toegang tot…
4 Jul 6AM 1 min

Dis koud... kyk mooi na Wagter en Wollie

Daar is groot koue in die land en nog ‘n frontale stelsel is op pad. Troeteldiereienaars word aangespoor om ekstra stappe te neem om vir Wagter en Wollie warm en veilig te hou. Kosmos 94.1 Nuus het met veearts Dr. Theuns Laubscher gepraat.
4 Jul 6AM 1 min