Beskikbaarheid van PrEP verbeter

Loading player...
Meer as 100 000 Namibiërs het tussen 2020 en 2024 toegang tot voorblootstellingsprofilakse, bekend as PrEP, verkry. Die gratis MIV-voorkomingsmedikasie, wat in 2016 bekendgestel is, is by openbare gesondheidsfasiliteite met 'n voorskrif beskikbaar om behoorlike gebruik te verseker. Taimi Amaambo, adjunk-uitvoerende direkteur by die gesondheidsministerie het meer.
4 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Modi se besoek kan groot voordele inhou

Reaksie word ontvang op die besoek volgende week deur die Indiese eerste minister, Narendra Modi. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Nixon Kariithi, 'n kenner van Afrika-aangeleenthede en mediastudies, gepraat. Hy meen Namibië kan oor belangrike aspekte by die land leer.
4 Jul 10AM 1 min

Studente móét geken word oor gratis tersiêre onderwys

Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, se president Dorothea Nangolo het onlangs kommer uitgespreek omdat daar geen studente-strukture in die taakmag oor gratis openbare tersiêre onderwys is nie. Sy sê die taakmag dra dus geen kennis van studente se daaglikse finansiële behoeftes of dinge waaroor hulle gewillig sal wees om kompromieë…
4 Jul 10AM 1 min

Cosatu steun wetsontwerpe oor padongelukkefondse

Cosatu het die Minister van Vervoer, Barbara Creecy, se aankondiging verwelkom dat sy die wetsontwerpe oor die Padongelukkefonds en Padongelukke-voordeleskema weer by die Parlement gaan indien. Die vakverbond sê hy ondersteun hierdie progressiewe stap deur die minister en sien uit na die voorlegging. Cosatu-woordvoerder, Matthew Parks, sê die Padongelukkefonds is…
4 Jul 9AM 1 min

Junior Bokke oorgehaal vir Engeland

Rugby: Die Junior Springbokke is oorgehaal vir 'n trefferkragmeting met Engeland, die kampioenspan, in 'n kritieke Groep-A-wedstryd in die Wêreldrugby onder-20 Kampioenskap vanaand in Rovigo, Italië. Die Junior-bokke is besig om momentum op te bou, met 'n klinkende oorwinning van 73-17 oor Australië. Die afrigter Kevin Foote het Engeland se…
4 Jul 9AM 1 min