
Mashaba bring hulde aan Mabuza
Loading player...
ActionSA se president Herman Mashaba het sy medelye uitgespreek met die familie, vriende en geliefdes van voormalige adjunkpresident, David Mabuza, wat gister oorlede is. Hy sê Mabuza was ʼn belangrike figuur in Suid-Afrikaanse politiek en het die land in verskeie senior posisies gedien. Dit sluit in premier van Mpumalanga en adjunkpresident van die land. Mashaba sê Mabuza se bydraes en invloed strek oor dekades en laat ʼn blywende indruk op die land se demokratiese reis: