Sedert Julie 2023 werk die direktoraat veeartsenydienste en die Lewendehawe en Lewendehawe Produkteraad daaraan om produsente-inligting in NamLITS op te dateer weens baie onaktiewe veebrandmerke Die finale sperdatum vir verifikasie was 25 April vanjaar en ongeverifieerde brandmerke word nou gedeaktiveer maar daar is blykbaar foutiewe deregistrasies. Die raad se Viktor…
Die Stad Windhoek se finansiële jaareinde is volgende week 30 Junie. Die stad maan inwoners dat van hulle dienste nie beskikbaar sal wees nie, soos die kontantsaal. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die Stad, Lydia Amutenya, gepraat.
Olimpiese Spele: Die Internasionale Olimpiese Komitee het besluit om die proses vir die verkiesing van toekomstige gasheerstede vir die Somer- en Winterspele te onderbreek. Dit volg na 'n tweedaagse uitvoerende raadsvergadering in Lausanne, Switserland. Die president van die IOK, Kirsty Coventry, sê hulle sal 'n werksgroep stig wat sal kyk…
Die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie bied môre die Europese Unie Hoër Onderwys-skou aan. Die geleentheid is ontwerp om inligting te verskaf oor 'n wye verskeidenheid voorgraadse, nagraadse en doktorale-studiegeleenthede. Dit het ook ten doel om breër ondersoek na internasionale studie- en uitruilgeleenthede te inspireer. Kosmos 94.1 Nuus het…
Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Afrika moet ophou om net onverwerkte grondstowwe te verskaf. Lamola het tydens die derde G20 vergadering van Sherpa-afgevaardigdes gevra vir 'n kritieke mineraalraamwerk om veredeling, nywerheidsgroei en werkskepping te bevorder. Lamola moedig ook samewerking aan tussen die Globale Noorde en…
Altesaam 92-persent van Johannesburg se inwoners het kommer uitgespreek oor lugbesoedeling en 78-persent glo dit beïnvloed hul gesondheid negatief. Dis volgens nuwe inligting van die metro se Departement van Omgewings- en Infratruktuur-dienste, in samewerking met Breath Cities en die Clean Air Fund. Die metrowoordvoerder, Virgil James, sê al die deelnemers…
Die Wêreldbank-groep en die Internasionale Atoomenergie-agentskap het ʼn ooreenkoms onderteken om saam te werk om die veilige, seker en verantwoordelike gebruik van kernenergie in ontwikkelende lande te ondersteun. Tans bedryf 31 lande kernkragaanlegte wat sowat nege-persent van die wêreld se elektrisiteit opwek, wat neerkom op byna ʼn kwart van die…
Reaksie word steeds ontvang oor die nasionale taakmag oor gratis onderwys in tersiêre instellings. Sommige ontleders waarsku dat gratis hoër onderwys moeilik haalbaar sal wees, want die geld moet iewers vandaan kom. Die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, sê die land se minerale kan daarvoor betaal. Die arbeidskenner Herbert Jauch is…
Gondwana Collection, saam met PSG Wealth het 'n veldtog oor Wagter en Wollie geloods. Die projek, I love my dog, het ten doel om dierewelsyn plaaslik te ondersteun en die rol van die hond as die mens se beste vriend ten toon te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met Christopher…
Daar is onlangs weer berig dat Afrika-perdesiekte weer voorgekom het met vrektes, ten spyte van verwagtinge dat die koue wintertoestande in Junie die verspreiding aansienlik sou verminder. Hoewel daar 'n merkbare afname in gevalle was as gevolg van die laer temperature, bly die voortgesette teenwoordigheid van die siekte 'n bron…
Ten spyte van onderverhalings het die energie-ministerie die brandstofprys onveranderd vir Julie gelaat. Luidens die aankondiging is 53 sent onderverhaal per liter petrol, amper 60 persent per liter 50ppm diesel en amper 54 sent per liter 10ppm. Die Nasionale Energiefonds sal die onderverhalings absorbeer en dra. Anna Salkeus woordvoerder van…
Die leier van die DA, John Steenhuisen, het president Cyril Ramaphosa 48 uur gegee om ANC ministers en adjunkministers wat by staatskaping-korrupsie betrek is, af te dank. Die volg na die skielike afdanking van die adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Andrew Whitfield. Steenhuisen sê Whitfield is die onregverdig laat…
Die Kanadese Parlement het die One Canadian Economy Act goedgekeur wat beoog om handelsgrense te verwyder, nasiebouprojekte te bevorder en ekonomiese groei te laat opvlam. Die wetgewing word gesien as 'n manier om die tariewe van die Amerikaanse president, Donald Trump, teen te staan. Trump het die tariewe op Kanadese…
Die Lüderitz-dorpsraad het 91 miljoen Namibiese dollar ontvang van die Nasionale Beplanningskommissie vir die dorp se transformasie. Volgens die burgermeester, Phil Balhao kan dit tussen tien en 15 jaar neem om te voltooi. Daar is verskeie projekte soos Balhao verduidelik.
Die Namibië Statistieke-agentskap het die BBP vir die eerste kwartaal van die jaar vrygestel. Die gesondheidsektor het in die hersieningstydperk die hoogste groeikoers van 11,4 persent aangeteken, gevolg deur groothandel- en kleinhandel teen 6,5 persent en finansiële dienste-aktiwiteite teen 6 persent. Die werklike toegevoegde waarde van landbou en bosbou, visvang…
Die president van Internasionale Olimpiese Komitee, Kirsty Coventry, sê daar is oorweldigende steun onder lede om die vrouekategorie in sport te beskerm. Dit volg na die omstredenheid oor die 2024-bokstoernooi by die Parys-spele waar twee atlete, Imane Khelif en Lin Yu-Ting, goue medaljes gewen het. Dit ten spyte daarvan dat…
Die buurland se gesondheidsminister, Aaron Motsoaledi, het 'n wydverspreide veldtog met waninligting oor Covid-19-entstowwe veroordeel. Die veldtog beweer entstowwe is skadelik en betrek verkeerdelik wetenskaplikes, soos professor Salim Abdool Karim. Motsoaledi waarsku sekere mense bevorder vals hartmedikasie om geld te maak en stel lewens in gevaar. Die woordvoerder, Foster Mohale,…
Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het ʼn ooreenkoms met die Europese Raad onderteken om ʼn spesiale tribunaal saam te stel. Die tribunaal sal senior Russiese leiers teiken vir die misdaad van aggressie, wat die grondslag is vir tallose oorlogsmisdade waarvan Oekraïne Russiese magte beskuldig sedert die begin van die oorlog…
Die DA sê president Cyril Ramaphosa bedreig die stabiliteit van die koalisie nadat Andrew Whitfield van die DA as adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging afgedank het. Die leier van die DA, John Steenhuisen, sê die afdanking was polities gemotiveerd en demonstreer dubbele standaarde, met sekere ANC ministers wat steeds…
Die Wêreldbank voorspel dat wêreldwye kommoditeitspryse vir die res van die jaar sal aanhou daal. Volgens die Wêreldbank se ekonomiese vooruitsigte word voorspel dat kommoditeitspryse met 12 persent in 2025, en met 5 persent in 2026 sal daal. Kosmos 94.1 Nuus het met Theo Klein van Oxford Economics gepraat wat…
27 Jun 1AM
1 min
1480 – 1500
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.