Die president van Internasionale Olimpiese Komitee, Kirsty Coventry, sê daar is oorweldigende steun onder lede om die vrouekategorie in sport te beskerm. Dit volg na die omstredenheid oor die 2024-bokstoernooi by die Parys-spele waar twee atlete, Imane Khelif en Lin Yu-Ting, goue medaljes gewen het. Dit ten spyte daarvan dat…
Die buurland se gesondheidsminister, Aaron Motsoaledi, het 'n wydverspreide veldtog met waninligting oor Covid-19-entstowwe veroordeel. Die veldtog beweer entstowwe is skadelik en betrek verkeerdelik wetenskaplikes, soos professor Salim Abdool Karim. Motsoaledi waarsku sekere mense bevorder vals hartmedikasie om geld te maak en stel lewens in gevaar. Die woordvoerder, Foster Mohale,…
Oekraïne se president Volodymyr Zelensky het ʼn ooreenkoms met die Europese Raad onderteken om ʼn spesiale tribunaal saam te stel. Die tribunaal sal senior Russiese leiers teiken vir die misdaad van aggressie, wat die grondslag is vir tallose oorlogsmisdade waarvan Oekraïne Russiese magte beskuldig sedert die begin van die oorlog…
Die DA sê president Cyril Ramaphosa bedreig die stabiliteit van die koalisie nadat Andrew Whitfield van die DA as adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging afgedank het. Die leier van die DA, John Steenhuisen, sê die afdanking was polities gemotiveerd en demonstreer dubbele standaarde, met sekere ANC ministers wat steeds…
Die Wêreldbank voorspel dat wêreldwye kommoditeitspryse vir die res van die jaar sal aanhou daal. Volgens die Wêreldbank se ekonomiese vooruitsigte word voorspel dat kommoditeitspryse met 12 persent in 2025, en met 5 persent in 2026 sal daal. Kosmos 94.1 Nuus het met Theo Klein van Oxford Economics gepraat wat…
Die Verenigde Nasies is 80. Die Handves van die Verenigde Nasies, die grondslagverdrag van die VN, is op 26 Junie 1945 in San Francisco onderteken en het in werking getree op 24 Oktober 1945. Dit het ontstaan uit die nasleep van die Tweede Wêreldoorlog, met die doel om toekomstige globale…
Namibië se olie-ontdekkings bied groot belofte, maar ook risiko. Sonder sterk instellings kan hulpbronrykdom tot onstabiliteit lei. Noorweë het daarin geslaag om stelsels voor ontginning te bou, vroegtydig te bespaar en deursigtigheid te verseker. Die werklike prys is nie die olie nie, maar die toekoms wat Namibië daarmee kan bou…
Die Ohlthaver & List Groep sal op 1 Julie sy nuwe kleinhandelsmerk Model loods, wat die einde van sy 27-jarige franchise-ooreenkoms met Pick n Pay Suid-Afrika sal merk. Die 19 Pick n Pay-winkels in Namibië sal geleidelik na die Model-handelsmerk omgeskakel word. Die Auas Valley-winkel in Windhoek sal die eerste…
Build One South Africa sê dis onaanvaarbaar dat meer as 5 miljoen Suid-Afrikaanse rand bestee is aan die salarisse van elf polisielede wat met volle salaris geskors is. Dit sluit in 'n luitenant-generaal wat sedert Julie 2022 by die huis sit. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê die polisieminister, Senzo…
Iran se opperleier, Ajatollah Ali Khamenei, het in sy eerste openbare toespraak sedert 'n wapenstilstand met Israel ooreengekom is, daarop aangedring dat die VSA geen prestasies behaal het met sy aanvalle op Iran se kernfasiliteite nie. Hy sê die aanvalle het nie niks belangriks bereik om sy land se kernprogram…
Vervoerminister Veikko Nekundi het die onmiddellike ontslag van die Ingenieursraad van Namibië in die Nasionale Vergadering aangekondig. Die raad is die statutêre en regulerende liggaam vir die ingenieursberoep in die land. Nekundi sê dat die lede sedert hul aantelling talle uitdagings in die gesig gestaar en onderpresteer het, vandaar die…
DA-leier John Steenhuisen het president Cyril Ramaphosa gekritiseer omdat hy Andrew Whitfield van die party as adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging afgedank het. Hy voer aan Whitfield is verwyder omdat hy sy werk goed gedoen het. Steenhuisen het tydens die aanvaarding van die Wet op die Verdeling van Inkomste…
Die Stad Windhoek het 42 brande en vier sterftes in informele nedersettings tussen Januarie en Junie aangeteken. Die meeste voorvalle het in Tobias Hainyeko, Moses Garoeb en Samora Machel plaasgevind. Die meeste brande, 14, was in Januarie, terwyl 18 brande en vier sterftes in die afgelope drie maande aangemeld is…
Dis motorsport van ‘n ander aard die naweek by Tony Rust-renbaan wanneer radio-beheerde karretjies die baan aandurf. Die sport was vir ‘n wyle dormant maar het nou weer lewe gekry. Francois Lottering van Motor Media Namibia het al die inligting.
Inligtingminister Emma Theofelus het in die Nasionale Vergadering gepraat oor die posisie van Starlink, na die PDM-president McHenry Venaani vroeër vrae daaroor gerig het. Starlink is in November verlede jaar beveel om sy internet-dienste in Namibië te staak omdat dit nie plaaslik gelisensieer is nie. Die maatskappy het toe aansoek…
Beleggings in Namibië het spesiale aandag gekry by die onlangse VSA-Afrika Sakeberaad in Luanda. President Netumbo Nandi Ndaitwah het by ‘n sessie met die titel "Belê in Namibië", die vermindering in korporatiewe belasting aangekondig. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry van Danny Meyer van SME Compete wat sê dis 'n…
Een van Namibië se baanbrekers in hernubare energie, InnoSun Energy Holding, sê hulle mik daarna om die nasionale teiken van 70-persent hernubare energie-opwekking teen 2030 te oorskry. Die maatskappy is bekend vir sy vroeë aanvaarding van skoon energie-oplossings. Nangula Geingos van Innosun sê hulle beplan om sonkrag- en windkragprojekte uit…
Die vakbond Giwusa sê die ANC het meer as 70 jaar lank die revolusionêre aspek van die Vryheidsmanifes verraai. Vandag is die 70ste herdenking van die Vryheidsmanifes wat in 1955 in Kliptown, Soweto, aanvaar is. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê die ANC het dit verraai deur die sosialistiese betekenis…
Die Khorixas-brand is suksesvol geblus en is nou onder beheer, wat broodnodige verligting aan inwoners bring na dae van onsekerheid. Brandbestrydingspanne, ondersteun deur plaaslike vrywilligers en streeksowerhede, het onvermoeid gewerk. Geen beserings is aangemeld nie, en skadebepalings is nou aan die gang. Kosmos 94.1 Nuus het met Johnson Ndokosho, die…
26 Jun 8AM
1 min
1500 – 1520
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.