Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
160 – 180

Reëlings op dreef vir die Windhoek Skou

Opwinding laai op in Windhoek namate voorbereidings vir die skou in September spoed optel, en organiseerders 'n volgepakte program van landbou, handel, kos en vermaak finaliseer. Die jaarlikse geleentheid beloof besige uitstallingsale en 'n vertoonvenster van plaaslike talent en innovasie, wat dit een van die hoofstad se grootste jaarlikse geleenthede…
13 Aug 12AM 1 min

Cosatu sê SANDF op vredesendings ontvang nie toelaes nie

Die vakbondfederasie Cosatu is bekommerd oor berigte dat lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag wat op vredesendings in die Demokratiese Republiek van die Kongo ontplooi is, nie hul volle toelaes ontvang het nie. Cosatu beskuldig senior generaals dat hulle fondse steel van gewone soldate wat hul lewens op die spel…
12 Aug 11PM 1 min

Heldedag logo, tema bekend

Inligtingminister Emma Theofelus het die logo en tema wat vir die volgende vyf jaar vir Heldedag gebruik sal word, in Windhoek bekendgestel. Heldedag, wat jaarliks op 26 Augustus herdenk word, sal vanjaar amptelik gevier word in Katima Mulilo in die Zambezi-streek. Die nuwe tema is “Gebou op dapperheid, op pad…
12 Aug 11PM 1 min

Amerika trek voordeel uit SA landbou-uitvoere, sê Steenhuisen

In die buurland beklemtoon landbouminister John Steenhuisen dat Amerika bevoordeel word deur Suid-Afrika se landbou-uitvoere. Steenhuisen het die media ingelig oor die land se reaksie op Amerikaanse tariewe en sê maatreëls sal ingestel word om die uitwerking te versag. Die minister sê baie van die produkte word in ander seisoene…
12 Aug 11AM 1 min

Nascam stel nuwe tussentydse raad aan

Die Namibiese Vereniging van Komponiste en Outeurs van Musiek, Nascam, het 'n nuwe tussentydse raad en 'n hervormingsplan na vroeëre personeelspanning en vertraagde tantièmebetalings. Hierdie raad sal grondwetlike wysigings finaliseer vir 'n spesiale vergadering in Februarie 2026, met die verkiesing van 'n nuwe raad wat vir April 2026 geskeduleer is…
12 Aug 11AM 1 min

OYO sukkel tans om programme te onderhou

Die Ombetja Yehinga Organisasie, OYO, ’n plaaslike nie-regeringsorganisasie met 17 personeellede wat kuns gebruik om sosiale bewustheid te bevorder, moes projekte staak nadat USAid-befondsing onder die Trump-administrasie bevries is. Hoewel Oyo nie direk befonds is nie, het kontrakte met afhanklike instellings hulle geraak, ondanks ’n vroeëre crowdfunding-veldtog om programme te…
12 Aug 11AM 1 min

Zandra Kruger palm Women’s Omeya Open-titel in

Omeya se eie Zandra Kruger het hierdie naweek haar gholfstok na die oorwinning by die Women’s Omeya Open geswaai en 12 deelnemers uitgestof. Die geleentheid is aangebied deur die Namibiese Amateur Vroue Gholf-unie. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Suéne Venter, van die Namibiese Amateur Vroue Gholf-unie.
12 Aug 11AM 1 min

Moenie Hawala staatsbegrafnis gee: historikus

Die dood van die voormalige hoof van die Namibiese Weermag, luitenant-generaal Solomon 'Jesus' Hawala, het uiteenlopende reaksies uitgelok. Hawala, wat op 89 oorlede is, word deur sommige as 'n bevrydingsheld gevier terwyl hy terselfdertyd van menseregteskendings beskuldig word. Hawala het die bynaam "Slagter van Lubango" in 'n Swapo-aanhoudingkamp in die…
12 Aug 10AM 1 min

Debmarine hou aan veg teen uitdagings

Debmarine sukkel met 'n afname in die vraag na natuurlike diamante en die toenemende gewildheid van sintetiese diamante. In reaksie hierop sny die maatskappy produksie en twee mynvaartuie, die Grand Banks en die Coral Sea, sal vroeg uit diens geneem word. Dit sal lei tot die aflegging van 180 werknemers,…
12 Aug 10AM 1 min

Gee jeug kanse om te presteer: NMT Media-stigting

Namibië se jeug is polities aktief, maar staar strukturele, ekonomiese en kulturele hindernisse in die gesig. Vandag is Internasionale Jeugdag en die NMT Media-stigting het navorsing vrygestel wat toon dat daar toenemende deelname aan die 2024-verkiesings was, met digitale aktivisme wat vertroude tradisionele media aanvul. Voor YouthQuake Namibia 2025 op…
12 Aug 9AM 1 min

Bok-vroue se afrigter vol vertroue voor Wêreldbeker

Rugby: Die Springbok-vrouegroep kom vandag in Johannesburg byeen voor hulle Donderdag na Engeland vertrek vir die Wêreldbeker. Twee-en-dertig spelers onder leiding van Nolusindiso Booi is gekies en die span spog met spelers wat altesaam 689 keer vir die Bokke uitgedraf het. Suid-Afrika kom in Groep D teen Brasilië, Italië en…
12 Aug 9AM 1 min

Mynbou-ekspo was reuse-sukses, hou aan groei

Die 12de Mynbou-ekspo en -konferensie in Windhoek het die sektor se sleutelrol in Namibië se ekonomie beklemtoon. Die geleentheid groei jaarliks en het al hoe beter vertoon na die ontdekking van oliebronne. Kosmos 94.1 Nuus het met die uitvoerende hoof van die Kamer van Mynwese, Veston Malango gepraat wat sê…
12 Aug 8AM 1 min

SA gaan hersiene tariefaanbod aan VSA voorlê

Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê die kabinet het Suid-Afrika se voorlegging van 'n hersiene aanbod aan Amerika goedgekeur as die grondslag vir onderhandelings. Hy en die minister van Landbou, John Steenhuisen, het 'n voorlegging gedoen oor die regering se reaksie op die tarief van 30-persent…
12 Aug 8AM 1 min

HPV-entstof is veilig

Die gesondheidministerie se HPV-inentingsprogram is geskeduleer om Vrydag te eindig. Die inisiatief, wat op meisies tussen nege en 14 jaar gemik is, het op 4 Augustus begin. Die program bied inentings teen die menslike papillomavirus, 'n hoofoorsaak van servikale kanker. Die inentings word in skole toegedien, maar vereis ouerlike toestemming…
12 Aug 6AM 1 min

SA-vervaardiging toon geringe verbetering

Statistieke Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het in Junie met 2 persent gestyg vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die styging is hoofsaaklik as gevolg van groei in voedsel-, drank- en petroleumverwante produkte. Nicolai Claassen van Statistieke SA sê seisoensaangepaste verkope het van Mei tot Junie met 2 persent gestyg, met verkope…
12 Aug 6AM 1 min

Dans Saterdag saam en help die kietsies

'n Spesiale Zumba-klas, "Zumba for Purrs" vind hierdie Saterdag plaas, alles ontwerp om noodsaaklike fondse in te samel vir katte onder die sorg van die dierereddingsdiens, Triglav Trust. As jy van katte en fiksheid hou, is dit jou kans om jou pad te dans om 'n verskil in die lewens…
12 Aug 6AM 1 min

Ekonoom sê oor môre se repokoers

Die Bank van Namibië se Monetêre Beleidskomitee sal sy rentekoersbesluit môre lewer, met die repokoers tans op 6,75 persent. Die aankondiging sal dit duidelik maak hoe die sentrale bank beplan om inflasiedruk, ekonomiese groei-eise en veranderende globale marktoestande te navigeer. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus ekonoom Robert McGregor gepraat.
12 Aug 6AM 1 min

Laat vaar die 'pomp and ceremony' en kom by dienslewering

Reaksie word ontvang op China se wetgewers wat amptenare beveel het om minder vergaderings te hou en korter toesprake te lewer om "nuttelose formaliteite" uit te skakel. Die stroomlyning van vergaderings en die beperking van dokumente tot 5 000 woorde is in 'n gedetailleerde regeringskennisgewing vervat. Dit kom na nuwe…
12 Aug 6AM 1 min
160 – 180