Santam se 2025 Versekeringsbarometerverslag het onthul die moeilike ekonomiese omstandighede bly ʼn bron van kommer vir verbruikers en sakeondernemings. Die studie het bevind 84-persent van die deelnemers moes finansiële aanpassings maak om die stygende lewenskoste te hanteer. Atang Matebesi van Santam sê ten spyte hiervan het slegs ʼn klein aantal…
Unam-studente wat steeds besig is met eksamens, word stelsematig verskuif omdat hulle die kampuskoshuise moet ontruim om plek te maak vir atlete wat vir die Streek 5 Jeugspele, wat op 3 Julie begin, opdaag. Kosmos 94.1 Nuus het met Simon Namesho gepraat die woordvoerder van Unam, wat sê die studenteverskuiwing…
Die Motorvoertuig Ongelukkefonds het vandag met ‘n drie-dag uitreik in die hoofstad begin om die publiek by te staan met die registrasie van eise en die aanspreek van uitdagings in verband met eise wat reeds ingedien is. Kosmos 94.1 Nuus het aangeklop by die fonds se woordvoerder Hilaria Graig vir…
Die ouditeur-generaal Junias Kandjeke het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor sy oudit van die mynbousektor wat bevestig het dat drie van die land se belangrikste goudmyne, die Navachab-goudmyn, B2Gold Namibia en Osino Resources, nie voldoen aan die plaaslike vereistes vir eienaarskap soos in die Mineralewet uiteengesit is. Die oudit…
Die Puros sonkrag mini-netwerk in die Kunene-streek het 'n hupstoot van 8 miljoen Namibiese dollar van die energieministerie ontvang, wat die totale befondsing tot 14 miljoen dollar verhoog het. Die 300 kilovolt-stelsel sal 164 huishoudings van krag voorsien. As deel van die Tidret-inisiatief, word die projek mede-befonds deur die Europese…
Die Vryheidsfront Plus in die Groter Pretoria-streek sê hulle het 'n omvattende voorlegging aan die nasionale regering gedoen as deel van die proses om die Witskrif oor Plaaslike Regering te hersien. Die hersiening is gemik op die evaluering van plaaslike regering uitdagings aan te pak en in ooreenstemming met huidige…
Die Vereniging van Staatsamptenare verwelkom die Wêreldbank se onlangse goedkeuring van ʼn lening van 27 miljard Suid-Afrikaanse rand, maar waarsku teen die moontlikheid van plundery. Die lening is bedoel vir langverwagte strukturele hervormings aan die land se infrastruktuur. Die vakbondwoordvoerder, Claude Naiker, sê Nasionale Tesourie moet ʼn multidissiplinêre span aanstel…
Die Verenigde Nasies sê geweld teen kinders in situasies van gewapende konflik het in 2024 ongekende vlakke bereik. Die jongste verslag oor Kinders en Gewapende Konflik het 41 370 ernstige oortredings teen kinders bevestig waarvan 36 221 in 2024 gepleeg is. Die sekretaris-generaal se spesiale verteenwoordiger vir kinders en gewapende…
Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het die vaskopstut Asenathi Ntlabakanye se toewyding geloof, wat tot sy insluiting in die nasionale span gelei het. Die 26-jarige Ntlabakanye is een van vier nuwe spelers in die Bok-groep wat die Barbarians Saterdag in Kaapstad pak. Sy ontwikkeling het intensiewe oefeninge ingesluit op die skrumafrigter,…
Inwoners wat deur padprojekte in Mukwe in die Kavango Oos-streek geraak word, weier volgens berigte om te verhuis omdat hulle blykbaar nog nie vergoed is vir die grond nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die Paaie-owerheid se uitvoerende hoof, dr. Conrad Lutombi oor die aangeleentheid gesels.
Justisieminister Fillemon Wise Immanuel sal na verwagting op 3 Julie in die Nasionale Vergadering vrae oor die nasionale minimumloon beantwoord. Dit kom te midde van verslae dat nie alle werkgewers aan die wetgewing voldoen nie. Die Swapo-wetgewer Justina Jonas het in die parlement kennis gegee van die vrae wat sy…
Rise Mzansi sê die misbruik van openbare fondse en onetiese leierskap moet tot 'n einde kom. Die party verwelkom die Parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge se ondersoek na die 50 miljard Suid-Afrikaanse rand Padongelukkefonds, wat aantygings van wanadministrasie, roekelose besteding, en finansiële wangedrag insluit. Makashule Gana van Rise…
President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika bly gebonde aan swart ekonomiese bemagtiging, ten spyte daarvan dat Amerika op ander sake fokus. Ramaphosa het aan die Nasionale Raad van Provinsies gesê regstelling en billikheid is grondwetlike vereistes, aangesien SEB noodsaaklik is vir inklusiewe, volhoubare groei, en moet alle Suid-Afrikaners betrek. Hy bevestig…
Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky beskryf sy ontmoeting met president Donald Trump as positief. Die twee leiers het bilaterale gesprekke gevoer by die NAVO-beraad in Nederland. Zelensky sê hulle het belangrike kwessies bespreek soos ʼn ooreenkoms vir ʼn skietstilstand en ware vrede, en die aankoop van Amerikaanse lugverdedigingstelsels. Hy het…
'n Koue front het Namibië vanaf die suide getref, met reën wat voorspel word saam met ‘n skerp daling in temperature. Kosmos 94.1 Nuus het Woensdag gepraat met Dolf de Wet, van plaas Michberg naby Grünau.
Die voorlopige ondersoek na die vliegongeluk waarin Jannie Spangenberg van plaas Gras in die Kalkrand-omgewing gesterf het, het verskeie onreëlmatighede gevind. Spangenberg en sy seun wou glo 'n jakkals vanuit die mikrovliegtuig skiet toe dit neergestort het. Sy seun het die ongeluk oorleef. Onder andere het Spangenberg nie 'n vlieg-lisensie…
Die besettingskoers vir Mei was laer as in April maar ook laer as die 2019, of voor-Covid-syfers. Faktore soos minder besteebare inkomste van reisigers, veral uit Europa, kan hierin 'n rol speel. Ten spyte hiervan bly ekonome steeds optimisties oor die toekoms van die toerisme-sektor. Almandro Jansen, 'n ekonoom van…
Die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, het 'n proaktiewe benadering tot gesondheidsbedreigings versoek en die bekendstelling van Namibië se nasionale gebeurtenisgebaseerde toesigriglyne beklemtoon. Die riglyne is daarop gemik om vroeë opsporing en reaksie op uitbrekings soos malaria en cholera te verbeter. Die riglyne, in lyn met die Afrika-Siektebeheersentrum se raamwerk, sal…
Die Stad Kaapstad reageer op oorstromings in verskeie gebiede, insluitend Parkwood, Imizamo Yethu, Hangberg en Overcome-hoogte, te midde van stortreën weens 'n sterk kouefront. Vloedhulp-pakkies is aangevra in informele nedersettings soos Lwandle, Macassar en Khayelitsha. Die Ramprisikobestuur se woordvoerder, Sonica Lategan, sê twee kanale het oorstroom, wat wydverspreide verspoelings in…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.