Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1620 – 1640

Banyana loongeskil opgelos

Die loongeskil tussen die heersende Afrikabeker-kampioene vir vroue, Banyana Banyana, en die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging is opgelos. Banyana het geweier om in Marokko te oefen weens onbetaalde salarisse en kampoefen-geld van SAFA. Die span berei voor vir die toernooi wat op 5 Julie begin. Die SAFA visepresident, Linda Zwane, het na…
29 Jun 11PM 1 min

Boere staan saam oor Stampriet-bekken

Boere in die Stampriet-bekken het skriftelike besware teen die hernuwing van omgewingsklaringsertifikate vir eksplorasiebedrywighede deur Headspring Investments ingedien. Die maatskappy se agt lisensies verval in Augustus vanjaar en moet dus hernu word. Headspring se boorpermitte is egter deir die landbouministerie teruggetrek en al word die sertifikate hernu, sal die maatskappy…
29 Jun 4AM 1 min

DA-onttrekking 'politieke teater', sê GOOD

Die GOOD Party het die DA se onttrekking aan die Nasionale Dialoog gekritiseer en noem dit politieke teater gemotiveer deur partybelange. Die sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die DA se optrede ondermyn pogings om Suid-Afrika se werklike uitdagings aan te spreek. Hy sê dialoog in plaas van onttrekkings is nodig vir…
29 Jun 3AM 1 min

Interpol sê misdaadintelligensie in SA geknou

Die Interpol-misdaadambassadeur, Andy Mashaile sê die inhegtenisneming van die hoof van misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo is rede tot ernstige kommer vir wetstoepassing. Khumalo en ses ander is Donderdag in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog en korrupsie. Die Pretoria-landdroshof het borgtog van 10 000 rand aan vyf van die beskuldigdes toegestaan,…
29 Jun 2AM 1 min

DA oorweeg mosie van wantroue teen Ramaphosa

Die DA sê die party oorweeg 'n mosie van wantroue teen president Cyril Ramaphosa en beskuldig hom dat hy ministers beskerm wat van korrupsie aangekla is. Die DA-leier John Steenhuisen het ook die party se onttrekking aan die Nasionale Dialoog aangekondig en noem dit 'n verkwistende ANC-verkiesingsfoefie. Dit volg na…
29 Jun 1AM 1 min

Boskos belangrik vir winter

Terwyl die winter sy greep oor Namibië versterk, blyk boskos 'n noodsaaklike lewenslyn vir baie landelike gemeenskappe te wees. Wilde vrugte, neute, wortels en ander eetbare plante wat uit woude versamel word, help gesinne om hul dieet aan te vul en voedselsekerheid te handhaaf. Hierdie natuurlike hulpbronne is nie net…
29 Jun 12AM 1 min

Brandstof nie vinniger goedkoper

Ondanks onderverhalings het die energie-ministerie die brandstofprys onveranderd vir Julie gelaat. Luidens die aankondiging is 53 sent onderverhaal per liter petrol, amper 60 sent per liter 50ppm diesel en amper 54 sent per liter 10ppm. Kosmos 94.1 Nuus het met Cirrus-ekonoom Oliver Diggle gepraat, wat nie brandstofprysverligting in die afsienbare…
28 Jun 6AM 1 min

Atletiek: Jaco Potgieter blits silwer by jeugspele los

Namibië se blits, Jaco Potgieter, het Vrydag silwer by die Wêreldjeugspele in Gothenburg in Swede verower met die tweede plek in die 400m-hekkies vir seuns. Potgieter se tyd was 56,07 sekondes. Hy is deel van die Napso-span atlete wat uit tien meisies en tien seuns bestaan, meestal hoërskoolleerlinge. Buiten die…
28 Jun 6AM 1 min

VSA bly oor vrede tussen DRK, Rwanda

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het die vredesooreenkoms verwelkom wat tussen die ministers van Buitelandse Sake van Rwanda en die Demokratiese Republiek die Kongo, Olivier Nduhungirehe en Thérèse Kayikwamba Wagner, in Washington onderteken is. Rubio het die harde werk van beide lande, die Afrika-Unie en Katar geprys…
28 Jun 5AM 1 min

Triomf vir Trump in hof

Die Amerikaanse president Donald Trump het 'n groot oorwinning in die land se Hooggeregshof behaal toe die mag van federale regters beperk is om uitvoerende optrede te blokkeer. Die hof sê landswye verbiedings deur distrikshofregters, oorskry die gesag wat die Kongres aan federale howe verleen het. Die hof het nie…
28 Jun 4AM 1 min

Vakbond verwelkom ingryping met Ithala Bank 

Cosatu het die minister van finansies, Enoch Godongwana, geprys vir sy ingryping om die likwidasie van Ithala Bank te stop. Die bank van KwaZulu-Natal sou vroeër sluit nadat dit insolvent verklaar is. Werksgeleenthede was in gevaar en meer as 257 000 kliënte was in die gedrang. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê…
28 Jun 3AM 1 min

Polisie-grootkoppe voor hof, maar nie geskors

Die polisiewoordvoerder Athlenda Mathe het bevestig dat die misdaadintelligensiehoof, Dumisani Khumalo, en ses ander senior polisie-offisiere wat verlede week in hegtenis geneem is, nog nie geskors is nie. Hulle het Vrydag in die Pretoriase Landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met onwettige senior aanstellings in die diens. Mathe sê…
28 Jun 2AM 1 min

Atletiek: Namibië se Martins kry goud by jeugspele

Namibië se Ashley Martins het Vrydag goud by die Wêreldjeugspele in Gothenburg in Swede verower toe sy die verspring vir o/14’s met ‘n afstand van 5,41 meter gewen het. Dit is die eerste keer dat Namibië by dié byeenkoms verteenwoordig word. Martins, deel van die Napso Namibië-span, het só uit…
28 Jun 2AM 1 min

DA neem volgende stappe in Whitfield-sage

Die DA gaan vandag die volgende stappe in die regering van nasionale eenheid uiteensit met president Cyril Ramaphosa se 48-uur-ultimatum wat tot 'n einde kom. Dit volg nadat die voormalige adjunkminister van handel, nywerheid en mededinging, Andrew Whitfield afgedank is. Ramaphosa sê hy nie sal nie swig voor dreigemente oor…
28 Jun 1AM 1 min

Copps 94.1-nag eindig met moord in Katutura

Die Copps 94.1-span het ‘n besig Vrydagnag beleef, wat met ‘n moord in die hoofstad afgesluit is toe ‘n man na bewering in Katutura doogesteek is. Francois Lottering was op die toneel en doen verslag:
28 Jun 12AM 1 min

Rugby: Welwitschias swig voor Italië se aanslag

Namibië se Welwitschias het Vrydagmiddag op die Hage Geingob-stadion in Windhoek die onderspit gedelf in hul toets teen Italië met ‘n eindtelling van 73-6. Italië se heelagter, Jacopo Trullo, het drie keer agter die doellyn gaan kuier. Namibië moes ook twee strafdrieë aan hul opponente afstaan. Die Welwitschias se punte…
28 Jun 12AM 1 min

Monitor jeugfonds, veral teen korrupsie: Nanso

Die kabinet het die raamwerk vir 'n jeugfonds om entrepreneurskap te ondersteun, aanvaar. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry by Dorothea Nangolo, die president van die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, wat sê die fonds moet gemonitor word vir deeglike implementering en teen korrupsie.
27 Jun 11AM 1 min

Cyril verwerp DA se ultimatum oor Whitfield-afdanking

President Cyril Ramaphosa sê hy sal nie swig voor dreigemente of ultimatums oor sy grondwetlike magte om lede van die uitvoerende gesag aan te stel of te verwyder nie. Dit volg nadat Andrew Whitfield van die DA verwyder is as adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging omdat hy sonder presidensiële…
27 Jun 11AM 1 min
1620 – 1640