Polisie-grootkoppe voor hof, maar nie geskors

Loading player...
Die polisiewoordvoerder Athlenda Mathe het bevestig dat die misdaadintelligensiehoof, Dumisani Khumalo, en ses ander senior polisie-offisiere wat verlede week in hegtenis geneem is, nog nie geskors is nie. Hulle het Vrydag in die Pretoriase Landdroshof verskyn op aanklagte wat verband hou met onwettige senior aanstellings in die diens. Mathe sê polisiekommissaris Fannie Masemola wag op 'n volledige verslag van die Ondersoekdirektoraat voordat hy 'n besluit neem. Sy sê die Misdaadintelligensie-afdeling is steeds funksioneel en Masemola sal 'n senior offisier aanstel om die saak intern te ondersoek:
28 Jun 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

So lyk die stand van sake vir varkboere

Die Varkprodusentevereniging van Namibië het onlangs sy jaarlikse ledevergadering en inligtingsdag gehou, met 'n besondere fokus op biosekuriteit. Kosmos 94.1 Nuus het met Gideon Goosen, die voorsitter van die vereniging gepraat oor die stand van sake vir die produsente.
28 Aug 2AM 1 min

Standard Bank SA loods Volhoubaarheids-akademie

Standard Bank Suid-Afrika het sy Volhoubaarheids-akademie bekendgestel. Dis ʼn gratis leerplatform wat praktiese maatskaplike, omgewings-, bestuurs- en volhoubaarheids-oplossings aan sake-ondernemings regoor Afrika bied. Die akademie is ontwikkel in samewerking met Microsoft en Philanthrosoft. Manessah Alagbaoso van Standard Bank sê deelnemers kan deur die platform insig kry in die gebruik van…
28 Aug 2AM 1 min

Venus sê oor terugkeer na Amerikaanse Ope

Die Amerikaner Venus Williams en Leylah Fernandez van Kanada speel as promotorskeuse saam in die Amerikaanse Ope se dubbelspel vir vroue. Williams het al twee keer die titel verower op Flushing Meadows. Die twee is onder sewe promotorskeuses in die trekking. Die 45-jarige Williams, wat verlede maand na 16 maande…
28 Aug 1AM 1 min

Loterykommissie moet dringend nuwe baas kry

Die Vereniging van Staatsamptenare vra die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, om dringend 'n nuwe voorsitter vir die Nasionale Loteryekommissie aan te stel. Dit volg nadat dr. Barney Pityana verlede week bedank het met twee jaar van sy vyf jaar termyn wat nog oor is. Claude Naicker…
28 Aug 1AM 1 min

Dis goed dat Cran oor dringendheid van internet ingelig word

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, het onlangs 'n openbare verhoor gehou om aansoeke vir mobiele satellietspektrum te hersien. Die fokus is op lae-aarde-wentelbaan satellietdienste soos Starlink, OneWeb en meer. Dit bring vinniger konnektiwiteit in afgeleë gebiede, maar boere en bedryfsgroepe waarsku dat die koste te hoog is. OneWeb en Starlink…
28 Aug 1AM 1 min