
Atletiek: Jaco Potgieter blits silwer by jeugspele los
Loading player...
Namibië se blits, Jaco Potgieter, het Vrydag silwer by die Wêreldjeugspele in Gothenburg in Swede verower met die tweede plek in die 400m-hekkies vir seuns. Potgieter se tyd was 56,07 sekondes. Hy is deel van die Napso-span atlete wat uit tien meisies en tien seuns bestaan, meestal hoërskoolleerlinge. Buiten die byeenkoms in Swede het die span ook in Estonia meegeding. Hulle keer op 1 Julie na Namibië terug.