
Vakbond verwelkom ingryping met Ithala Bank
Loading player...
Cosatu het die minister van finansies, Enoch Godongwana, geprys vir sy ingryping om die likwidasie van Ithala Bank te stop. Die bank van KwaZulu-Natal sou vroeër sluit nadat dit insolvent verklaar is. Werksgeleenthede was in gevaar en meer as 257 000 kliënte was in die gedrang. Cosatu-woordvoerder Zanele Sabela sê hulle was teen die sluiting oor die uitwerking op werkers en die gemeenskap. Sabela het 'n beroep gedoen vir 'n volhoubare omkeerstrategie om die bank se lewensvatbaarheid en voldoening aan regulasies te verseker: