
VSA bly oor vrede tussen DRK, Rwanda
Loading player...
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, het die vredesooreenkoms verwelkom wat tussen die ministers van Buitelandse Sake van Rwanda en die Demokratiese Republiek die Kongo, Olivier Nduhungirehe en Thérèse Kayikwamba Wagner, in Washington onderteken is. Rubio het die harde werk van beide lande, die Afrika-Unie en Katar geprys. Hy verwelkom voortgesette pogings en vergaderings om die protokol vir blywende vrede in die streek te finaliseer, na drie dekades van konflik: