Boere in die Stampriet-bekken het skriftelike besware teen die hernuwing van omgewingsklaringsertifikate vir eksplorasiebedrywighede deur Headspring Investments ingedien. Die maatskappy se agt lisensies verval in Augustus vanjaar en moet dus hernu word. Headspring se boorpermitte is egter deir die landbouministerie teruggetrek en al word die sertifikate hernu, sal die maatskappy…
Die GOOD Party het die DA se onttrekking aan die Nasionale Dialoog gekritiseer en noem dit politieke teater gemotiveer deur partybelange. Die sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die DA se optrede ondermyn pogings om Suid-Afrika se werklike uitdagings aan te spreek. Hy sê dialoog in plaas van onttrekkings is nodig vir…
Die Interpol-misdaadambassadeur, Andy Mashaile sê die inhegtenisneming van die hoof van misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo is rede tot ernstige kommer vir wetstoepassing. Khumalo en ses ander is Donderdag in hegtenis geneem op aanklagte van bedrog en korrupsie. Die Pretoria-landdroshof het borgtog van 10 000 rand aan vyf van die beskuldigdes toegestaan,…
Die DA sê die party oorweeg 'n mosie van wantroue teen president Cyril Ramaphosa en beskuldig hom dat hy ministers beskerm wat van korrupsie aangekla is. Die DA-leier John Steenhuisen het ook die party se onttrekking aan die Nasionale Dialoog aangekondig en noem dit 'n verkwistende ANC-verkiesingsfoefie. Dit volg na…
Terwyl die winter sy greep oor Namibië versterk, blyk boskos 'n noodsaaklike lewenslyn vir baie landelike gemeenskappe te wees. Wilde vrugte, neute, wortels en ander eetbare plante wat uit woude versamel word, help gesinne om hul dieet aan te vul en voedselsekerheid te handhaaf. Hierdie natuurlike hulpbronne is nie net…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.