Nuus

Kry die nuus soos dit breek.
Hourly Afrikaans South Africa News
4,001 Episodes
1540 – 1560

Bibi sê sy doelwitte in Gaza bly staan

Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê hy dink nie hulle militêre veldtog in Gaza is afgehandel nie, maar onderhandelaars werk beslis aan ʼn skietstilstandooreenkoms. Dit volg nadat president Donald Trump se gesant in die Midde-Ooste, Steve Witkoff, gesê het hy hoop hulle bereik hierdie week ʼn tydelike skietstilstand van…
9 Jul 4AM 1 min

Demonstrasie teen Stad Windhoek op 28 Julie

Gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die uitdagings wat hulle ervaar met Stad Windhoek, veral met rekenings en ander bestuurskwessies. Hy verduidelik.
9 Jul 3AM 1 min

Vrywillige mag in Nigerië afgemaai

'n Gewapende bende het 'n groep mans naby die dorpie Kukawa in Nigerië se Plateau-staat aangeval en minstens 50 mense doodgemaak. Die slagoffers was lede van 'n vrywillige mag wat in die lewe geroep is om dorpenaars teen strooptogte te beskerm. Die BBC se Afrika-korrespondent, Will Ross, verduidelik.
9 Jul 3AM 1 min

Europa moet oorafhanklikheid op VSA, China afskud

Die Franse president, Emmanuel Macron, sê Europese lande moet hul oorafhanklikheid van Amerika en China afskud. Hy het Dinsdag die Verenigde Koninkryk se Parlement toegespreek as deel van sy staatsbesoek aan die land. Macron sê die Europese demokratiese model word bedreig deur buitelandse inmenging, die manipulering van inligting, gesonde verstand…
9 Jul 2AM 1 min

VW, Volvo en Toyota herroep modelle

Die Nasionale Verbruikerskommissie sê Volkswagen, Volvo en Toyota herroep sekere voertuie as gevolg van veiligheidskwessies. Volkswagen herroep Golf 8 modelle as gevolg van 'n fout met 'n sitplekgordel wat beserings in 'n botsing kan veroorsaak. Volvo herroep sekere XC90 hibriede-voertuie vir 'n remprobleem teen afdraandes. Phetho Ntaba van die kommissie…
9 Jul 2AM 1 min

Steenhuisen lê planne uit vir landbou

Die minister van Landbou, John Steenhuisen, sê samewerking met die privaat sektor en nie staatsbeheer nie, sal die volle potensiaal van die landbousektor ontsluit. Hy het die departement se begroting in die Parlement ter tafel gelê en planne uiteengesit om 'n klimaatslim, jeuggedrewe en inklusiewe voedselstelsel te bou. Steenhuisen sê…
9 Jul 1AM 1 min

Texas steier onder gevolge van kitsvloede

Die dodetal van die oorstromings in sentraal-Texas het Dinsdag tot minstens 107 mense gestyg en rondom 161 word vermis. Die meeste van die sterftes was in die Kerr-distrik, waar amptenare sê 87 liggame is tot dusver gevind, waaronder 56 volwassenes en 30 kinders. Identifikasie was hangende vir 19 volwassenes en…
9 Jul 1AM 1 min

Burger is trots op sy span

Die Welwitschias het hul onoorwonne rekord teen Senegal behou met 'n 55-17 oorwinning by die 2025 Rugby Afrika-beker toernooi. Hulle gaan daarmee deur na die halfeindrondte van die toernooi wat in Kampala, Uganda gespeel word en draf Sondag teen Algerië, wat 41-6 teen Ivoorkus gewen het, uit. Die direkteur van…
9 Jul 1AM 1 min

Trump is sat vir Putin

Amerikaanse president Donald Trump is sat vir president Vladimir Putin en sê hy oorweeg bykomende sanksies teen Moskou. Trump, wat as presidentskandidaat belowe het om die oorlog in Oekraïne binne 'n dag te beëindig, kon dit nie doen nie en pogings deur sy administrasie om vrede te bemiddel was onsuksesvol…
9 Jul 1AM 1 min

Modi kom vandag in Namibië aan

Die eerste minister van Indië, Narendra Modi, kom vandag in Namibië aan. Dit is die eerste besoek deur 'n Indiese eerste minister sedert onafhanklikheid in 1990. Die besoek is deel van sy vyfnasie-toer en sal fokus op die versterking van samewerking in diamanthandel, digitale uitvoere en belangrike minerale soos litium…
9 Jul 12AM 1 min

Namcor was sy hande van arrestasies

Namcor sê in 'n verklaring dit neem kennis van mediaberigte oor die inhegtenisneming van voormalige werknemers. Hy bevestig dat geen van die betrokke individue in enige hoedanigheid by Namcor in diens is nie. Die maatskappy is nie in 'n posisie om te spekuleer of kommentaar te lewer oor die besonderhede…
9 Jul 12AM 1 min

Daar's voordele aan Wêreldbank-klassifikasie

Nog reaksie is ontvang op Namibië se Wêreldbank-klassifikasie wat van die boonste middelinkomste- na die laer middelinkomste-kategorie aangepas is. Kosmos 94.1 Nuus het met Theo Klein van Oxford Economics in Kaapstad gepraat, wat die voordele hiervan beklemtoon.
8 Jul 11PM 1 min

BOSA eis verantwoordelike ambassadeur vir VSA

BOSA vra president Cyril Ramaphosa om vinnig 'n geloofwaardige, gekwalifiseerde en gerespekteerde ambassadeur in Washington aan te stel. Die Amerikaanse president Donald Trump het gister aangekondig daar sal van 1 Augustus af 'n 30-persent tarief op alle Suid-Afrikaanse uitvoere na die VSA gehef word. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê…
8 Jul 11PM 1 min

SA sitrusboere soek wyd vir meer markte

Sitrusboere in Suid-Afrika probeer om hul oorsese markte te vergroot om die land se volle uitvoerpotensiaal te benut. Die uitvoerende hoof van die Sitrusprodusentevereniging, Boitshoko Ntshabele sê onderhandelings word reeds gevoer met Japan, Suid-Korea, en Saoedi-Arabië om nuwe markte te bekom. Suid-Afrika, as die wêreld se tweede grootste sitrusuitvoerder na…
8 Jul 11AM 1 min

Oorskot van kinders by Katolieke tehuise word geïdentifiseer

Owerhede in Tuan, in Galway County werk had om die oorskot van 802 kinders wat dood is by ‘n tehuis wat deur die Katolieke Kerk vir ongehude moeders bestuur is, te identifiseer. ‘n Ondersoek is reeds ‘n dekade terug geloods en daar word beraam dat by die netwerk van tehuise…
8 Jul 11AM 1 min

Mense met gestremdhede sal ook baat by nuwe paaie

Die minister van stedelike ontwikkeling, James Sankwasa het tydens die bekendstelling van Winnie Madikizela Mandela-rylaan in die hoofstad gesê dat nuwe paaie mense met gestremdhede sal akkommodeer. Dit is ‘n beduidende uitdaging regoor die land. Hy het ook burokrasie en vertragings in hervestiging blameer vir stadige infrastruktuurvordering. Byna ‘n miljard…
8 Jul 10AM 1 min

ACC slaan toe op senior Namcor beamptes, ook Mulunga

Ondersoekers van die Teenkorrupsie Kommissie het Namcor se voormalige besturende direkteur, Imms Mulunga, en drie ander senior beamptes in hegtenis geneem. Dit gaan oor vermoedelike korrupte transaksies by die nasionale oliemaatskappy. Volgens berigte word 'n voormalige finansiële hoof gekoppel aan 'n ongemagtigde oliebloktransaksie van 100 miljoen Namibiese dollar in Angola…
8 Jul 10AM 1 min
1540 – 1560