Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa het die Brasiliaanse president, Luiz Inácio Lula da Silva, gelukgewens met sy herverkiesing vir 'n historiese vierde termyn. Ramaphosa sê die herverkiesing vind plaas terwyl Suid-Afrika en Brasilië voortgaan om hul strategiese bande te versterk deur middel van samewerking en gedeelde leierskap in internasionale forums…
Namibië se afhanklikheid van ingevoerde elektrisiteit kan verminder namate die land sy plaaslike hernubare energiebronne uitbrei. Die Diaz-windkragstasie naby Lüderitz, wat onlangs ingewy is, bestaan uit elf windturbines met ’n gesamentlike opwekkingsvermoë van 44 megawatt en het N$1,5 miljard gekos. Die Elektrisiteitsbeheerraad se adjunkvoorsitter, Tjama Tjivikua, sê die projek is…
Die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, sê sy party is op die rand van ʼn waarlik geskiedkundige gebeurtenis in volgende week se plaaslikeregeringsverkiesing, met baie Suid-Afrikaners wat dit oorweeg om die eerste keer vir die party te stem. Hy het gister ondersteuners by die DA se verkiesingsaamtrek in eThekwini toegespreek. Hill-Lewis sê…
Die Adjunkminister van Landbou, Ruthy Masake, sê die toewyding en deursettingsvermoë van personeel op die voorste linie van Namibië se bek-en-klouseer-reaksie is prysenswaardig. Masake het met die reaksiespan in Karasburg vergader om meer te hoor oor hul ervarings en die uitdagings waarmee hulle te kampe het om die uitbreking te…
Die provinsiale polisiekommissaris van Noordwes, Peter Adams, het die polisie geprys vir hul operasionele optrede ná die ontdekking van nog ’n vermeende geheime dwelmlaboratorium in Thabeng-seksie, Ramokokastad, in Mogwase. Polisiewoordvoerder Thuto Bobelo sê beamptes het ’n lasbrief vir deursoeking en beslaglegging uitgevoer nadat inligting ontvang is oor vermoedelike dwelmvervaardigingsaktiwiteite op…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.