OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,814 Episodes
1040 – 1060

Dr Johnny van der Merwe, 'n bekende landbou-ekonoom

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe, gee die jongste vleispryse en –tendense. Die Rand het die afgelope week verstewig teenoor die Suid-Afrikaanse Rand. Speenkalfpryse het effens gedaal. Slagpryse toon ook ‘n afwaartse neiging. Oor die volgende maand, behoort die pryse weer te styg. Varkpryse het gestabiliseer en bokpryse bly…
8 Jun 2022 5AM 3 min

Hans-Jurie Moolman, 'n bekende regskundige en grondsake-kenner

Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende regskenner wat spesialiseer in grond- en arbeidsake. Hy bespreek vandag die Wet op Diensvoorwaardes en hoe dit die ooreenkoms tussen werkgewer en –nemer bepaal. Moolman beantwoord ‘n vraag oor die “uitruil” van vakansiedae met ‘n ander dag. Hy verduidelik ook verder die bepalings van oortyd…
6 Jun 2022 2AM 4 min

PM gesels vandag oor miltsiekte, wat ‘n dodelike siekte onder vee en wild is

Miltsiekte is ‘n dodelike vyand veral vir bees- en wildboere. Gewoonlik word besmette diere verbrand, maar besmette bene kan egter steeds vrektes veroorsaak tot so lank as hulle bene eet wat tot so lank as 250 jaar begrawe was. Besmette diere kan vrek sonder enige simptome . Nuwe navorsing word…
6 Jun 2022 2AM 2 min

PM berig oor DNS van olifante wat gebruik word om onwettige jag van olifante stop te sit

Intensiewe navorsing op die DNS van olifante is die afgelope tyd gedoen om die onwettige jag van olifante, te bestry. ‘n Interpol werkgroep teen wildsmisdaad het uitstekende resultate behaal in die studie wat by 12 Afrika-lande gebruik is waar wildhandel bedrywighede plaasvind. Stropery is die hoof bedreiging vir krities bedreigde…
2 Jun 2022 2AM 1 min

PM gesels met Dr Johnny van der Merwe van die NWU oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die rand weer versterk in hierdie week teenoor die Amerikaanse dollar. Dit diesel- en ander brandstof- en oliepryse styg steeds skerp. Speenkalwers se pryse het weer gedaal. Stoorlammers se prys…
1 Jun 2022 2AM 6 min

Prof Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom by die Universiteit van die Vrystaat

Prof Frikkie Maré gesels oor die noue verbintenis van produsente en verbruikers en hoe hulle deesdae nader aan mekaar beweeg. Hy verduidelik ook die invloed wat dit het op die koop en verkoop van produkte. Verbruikerspersepsies kan ‘n groot rol speel en daar word onderskei tussen direkte en indirekte persepsies…
31 May 2022 2AM 3 min

PM berig oor planne om deurgange vir olifante in Afrika te skep

‘n Internasionale bewaringsgroep het begin met planne vir uitgebreide deurgange vir olifante, wat ruimte sal skep vir die meer vrylike beweging van die diere, selfs oor landsgrense heen. Die plan is steeds in ‘n konsepfase, maar sal waarskynlik die moeilike uitdagings behels, om ooreenkomste met duisende private, tradisionele en openbare…
30 May 2022 2AM 1 min

PM berig oor ‘n groeiende vraag na hoender in die Europese Unie

Statistieke toon dat Europa in die volgende vyf jaar 1,4 miljoen ton meer pluimvee sal benodig. Die Britse pluimveesektor sukkel steeds met uitvoere as gevolg van Brexit en voedselbedryfsliggame meen dat die Verenigde Koninkryk se onttrekking uit die Europese Unie die bedryf al meer as 60 miljoen pond gekos het.
30 May 2022 2AM 1 min

Charl Saunderson gesels in sy weeklikse rubriek “Kom ons praat ‘n bietjie boer”

Charl Saunderson is ‘n bekende leierboer en dorper-teler in die Kenhardt-distrik in die Noord-Kaap. Saunderson is ook bekend as motiveringspreker, predikant en berader en tree gereeld op as spreker by verskeie geleenthede. Hy gesels vandag oor landbouers en produsente se gesindheid en hoe om hulle kennis positief te deel met…
27 May 2022 2AM 5 min

Dr Johnny vd Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers versterk teenoor die Amerikaanse dollar. Bees se slagpryse het effens gedaal. Speenkalfpryse het effens gestyg hierdie week en die vraag bly hoog. Varkvleispryse het effens gestyg. Bokpryse het…
25 May 2022 2AM 7 min

PM gesels oor moontlike oplossings vir die kommandowurm-pes

Uitstekende navorsing wat onlangs gedoen is, toon dat daar moontlik ‘n oplossing gevind is vir die pes van kommandowurms wat groot dele en gebiede van die landbousektor in die Amerikas, Afrika en Asie bedreig. Weerstandigheid teen sekere middels het navorsers genoop om na nuwe oplossings te kyk en hulle glo…
23 May 2022 4AM 1 min

PM gesels na die afgelope week by Nampo met een van die uitsallers

Nampo-week is verby en ten spyte van baie uitdagings, word die week se verrigtinge wyd geloof vir die sukses wat behaal is. Graan SA se besluit om voort te gaan met die week het aanvanklik baie kritiek ontlok, maar na die week was almal dit eens dat die sukses van…
23 May 2022 4AM 3 min
1040 – 1060