OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,814 Episodes
1060 – 1080

Charl Saunderson gesels in sy weeklikse rubriek “Kom ons praat ‘n bietjie boer”

Charl Saunderson is ‘n bekende leierboer en dorper-teler in die Kenhardt-distrik in die Noord-Kaap. Saunderson is ook bekend as motiveringspreker, predikant en berader en tree gereeld op as spreker by verskeie geleenthede. Hy kyk vandag na die uitdagings van landbouers om voedsel te produseer. Hy vertel van hoe boere hul…
20 May 2022 4AM 5 min

PM berig oor ‘n onkruid wat ‘n ernstige bedreiging inhou vir die landboubedryf.

‘n Bekende onkruid hou ‘n ernstige bedreing in vir die landbousektor en die Minister van Landbou het die onkruid, Palmer amaranth as ‘n kategorie 1-onkruid verklaar. Die plante word as uitheemse indringers beskou wat geensins verbou of verhandel mag word nie. Die onkruid is reeds teen minstens nege meganismes in…
19 May 2022 2AM 1 min

Dr Johnny vd Merwe.

Dr Johnny vd Merwe, landbou-ekonoom, gesels oor die jongste kommoditeitspryse van die afgelope week.
18 May 2022 4AM 6 min

PM berig oor logistieke probleme wat die Suid-Afrikaanse en Australiese wolbedryf ernstige skade berokken.

Volgens Woolnews.net, veroorsaak logistieke probleme by hawens in die Oos-Kaap dat die Suid-Afrikaanse en Australiese wolmarkte, ernstige skade ly. Die voortdurende verskepingsvertragings by die Port Elizabeth-hawe is die hoofoorsaak en dit raak al hoe moeiliker om normale aktiwiteite voort te sit. Hawe-opeenhoping en vervoerprobleme veroorsaak maandlange verskepingsvertragings en die aantal…
16 May 2022 4AM 1 min

Charl Saunderson gesels in sy weeklikse rubriek “Kom ons praat ‘n bietjie boer”

Charl Saunderson is ‘n bekende leierboer en dorper-teler in die Kenhardt-distrik in die Noord-Kaap. Saunderson is ook bekend as motiveringspreker, predikant en berader en tree gereeld op as spreker by verskeie geleenthede. Hy vergelyk ‘n vragmotor en die belangrikheid van die drywer. Saunderson vertel van boerderye wat met huishoudings vergelyk…
12 May 2022 1PM 5 min

PM berig onder andere oor renosterstropery en vuurwapen-lisensies.

Die Department van Omgewingsake, Bosbou en Visserye berig dat renosterstropery op privaateiendomme toeneem. Die Krugerwildtuin is steeds die plek met die hoogste syfer van stropery. Intussen het die gesloer van meer as twee jaar met die hernuwing van bestaande vuurwapenlisensies, die uitreiking van bevoegdheidsertifikate en nuwe lisensies, die wildbedryf geknou…
12 May 2022 4AM 2 min

Dr Johnny vd Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse.

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers stabiel gebly teenoor die Amerikaanse dollar. Slagpryse geniet steeds goeie ondersteuning, en kan opwaarts begin styg in die volgende twee maande. Speenkalfpryse het weer stabiel gebly hierdie maand…
11 May 2022 3AM 5 min

Prof Frikkie Maré van die Universiteit van die Vrystaat

Prof Frikkie is 'n bekende landbou-ekonoom en hy gesels vandag padlangs met landbouers. Maré praat oor die onsekerheid in die wêreld-ekonomieë en hoe dit die Suid-Afrikaanse landbousektor beïnvloed, onder andere hoër kommoditeitspryse, hoër rentekoerse, ens.
10 May 2022 3AM 2 min

PM gesels met Dawie Maree, landbou-ekonoom van FNB.

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
9 May 2022 3AM 2 min

Neil Powell

Neil Powell, hoofspreker by Oranjerivier Veevoere se Skaap inligtingsdag.
6 May 2022 8AM 2 min

PM gesels met 'n bekende skaapboer

PM gesels met 'n bekende skaapboer van Prieska se omgewing en hy vertel van die goeie landbou toestande en veral 'n goeie tyd vir die veebedryf.
6 May 2022 8AM 2 min
1060 – 1080