Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Bosmara SA se nuwe katalogus is reeds in volle gebruik. Die genootskap se tegniese werkgroep en sy raad het sedert 2020 gewerk aan die ontwikkeling daarvan. Dit verskaf meer inligting en word aangebied in 'n meer kompakte formaat waarin al die inligting van 'n dier in 'n maklike leesbare formaat…
‘n Verslag van die Mededingingskommissie is onlangs vrygestel en die gevolgtrekking is dat die konsentrasievlakke in die Suid-Afrikaanse melkverwerkingsbedryf kommerwekkend is. Daar is onder andere bevind dat mededingendheid van enige bedryfsrolspeler is nie staties is nie en lede kan vir verskeie redes, mettertyd meer of minder mededingend word.
‘n Nuwe suiwelproduk, “Betterland milk” is onlangs in Amerika vrygestel. Dit is ‘n tipe koeivrye melk wat egter dieselfde kook-, klits-, stoom-, skuim- en bakfunksies as gewone melk lewer. Die maatskappy, Perfect Day, eksperimenteer al die afgelope jaar met melkalternatiewes. Intussen het ‘n Deense vennootskap weer begin om die gesondheidsimpak…
Dr Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, verduidelik die redes vir die jongste verswakking van die rand teenoor die Amerikaanse dollar. Hy verduidelik dat die prysstygings in vleispryse sedert die begin van die jaar, binne een week hierdeur uitgewis is. Baie redes word daarvoor gegee, soos…
Hans-Jurie Moolman is ‘n bekende regskundige wat veral spesialiseer in grondregte. Hy behandel vandag regulasies en die sogenaamde goeie arbeidskode wat onlangs afgekondig is deur die Minister van Arbeid. Die belangrikste van hierdie arbeidskode, is dat werkgewers ‘n risiko-analise by die werksplek sal maak om die werksplek veilig te maak…
Geen verskeping van lewendehawe uit Suid-Afrika, spesifiek vanaf die Oos-Londen hawe, het gedurende die eerste kwartaal van 2022 plaasgevind nie. Die Kuwait-voerkraal sal glo in die onmiddellike toekoms verdere aanvullings eerder uit Australie doen, aangesien daar steeds struikelblokke in die Suid-Afrikaanse lewendehawe-uitvoerbedryf bestaan.
Voortgesette swaar reën kan lei tot oesverliese in dele van die Noord-Kaap. Dit is volgens Nicol Jansen, die president van Agri Noord-Kaap. Hy het met OFM-nuus se Elsabé Richard hieroor gesels…
'n Stadige groei in Amerikaanse melkproduksie is te wyte aan verskeie redes. Organiese melkproduksie by melkplase in die VSA moet aan verskeie regulasies voldoen om gesertifiseer te word en hul organiese status te behou. Hierdie en ander uitdagings maak dat produktiwiteit by organiese melkplase stadig afneem.
Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers verswak het teenoor die Amerikaanse dollar. Oliepryse kan ook weer styg. Slagpryse geniet goeie ondersteuning al het die prys bietjie gedaal. Speenkalfpryse het weer verder gedaal hierdie maand…
‘n Australiese universiteit, die Universiteit van New England, het ‘n meganisme ontwerp wat ‘n goeie teenvoeter vir veediefstal is. Die sonkragaangedrewe oorplaatjie wat aan vee geheg word, word beskou as ‘n groot deurbraak in landbouers se soeke na ‘n werkbare oplossing vir veediefstal. Die toestel is die eerste in die…
Dr Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, verduidelik die redes vir die jongste styging van vleispryse. Hy verduidelik ook die impak van die uitbraak van bek-en-klouseer op pryse. Hoewel beesvleispryse waarskynlik gaan daal in die winter, sal die aanvraag en aanbod deurslaggewend wees in die volgende…
Juicy Marbles, ‘n voedseltegnologiemaatskappy in Slowakye, stel binnekort ‘n plantgebaseerde heelsnit filet bekend en die beperkte vrystelling sal aanvanklik 1000 pakke filette aan verbruikers beskikbaar stel. Die heelsnit met vetmarmering, is ‘n eerste in die bedryf. In ander nuus uit Suid-Afrika se buurland, word berig oor Namibiese slagbeeste wat afneem…
PM gesels oor die aankondiging van die finaliste van SA se heel eerste Klimaatslim Ambassadeur.
14 Apr 2022 2AM
3 min
1080 – 1100
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.