OFM Pieter Möller - Landbou Insetsels

Pieter Möller - Landbou Insetsels

Skakel weeksoggende vanaf 05:00 in op die OFM Agri-Uur vir die jongste landbousake. Pieter Möller gesels met verskeie kenners en doen verslag oor gebeurtenisse as deel van hierdie nisprogram.
Daily Afrikaans South Africa Business · Daily News
1,814 Episodes
1100 – 1120

PM berig oor landboustories uit Amerika en Argentinië

Die Argentynse opskorting van vleisuitvoere, is tot einde 2023 verleng. Die opskorting is van toepassing op sekere beesvleissnitte. Volgens die regering dra dit by om ‘n balans tussen die Argentynse mark en die uitvoer van vleisproduksie te skep. Verder word ook berig oor Amerikaanse melkverbruik wat gedaal het sedert die…
11 Apr 2022 2AM 1 min

PM berig oor ‘n veevoertekort in Kenia

Veeboere in Kenia is se toekoms is duister as gevolg van ‘n ernstige tekort aan veevoer in die land. Alreeds 36 voermeulenaars was genoodsaak om hul besighede te sluit en einde verlede jaar het voervervaardigers die regering versoek om die verbod om ingevoerde GM-mielies en –sojabone op te hef.
8 Apr 2022 1AM 1 min

PM berig oor oorsese kleinhandelaars wat produkte ontwikkwel met minder vleisinhoud

Die oorsese kleinhandelaar Lindl, het nuwe produkte bekendgestel wat poog om laer vleisverbruik aan te moedig. ‘n Weense wors is byvoorbeeld ontwikkel wat bestaan uit wortels, hoendervleis en soja. Frikkadelle weer, is ontwikkel uit ‘n mengsel van beesvleis en vrugte. Lindl het hierdie aankondigings gedoen om kopers te ondersteun wat…
7 Apr 2022 2AM 1 min

PM gesels met Charl Saunderson oor die bemarking van vee

Charl Saunderson, bekende dorper stoetteler van Kenhardt in die Noord-Kaap, gesels oor die beste metodes om vee te bemark. Hy gesels ook oor die huidige landboutoestande in die Noord-Kaap en verduidelik die groot dankbaarheid wat heers tussen landbouers oor die goeie reëns.
7 Apr 2022 2AM 5 min

Dr Johnny vd Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers weer sywaarts beweeg teenoor die Amerikaanse dollar. Rentekoerse is ook weer opwaarts aangepas. Slagpryse geniet goeie ondersteuning. Speenkalfpryse het weer verder gedaal hierdie maand. Stoorlampryse het effens gestyg…
6 Apr 2022 1AM 6 min

Dr Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom aan die Universteit van die Vrystaat

Dr Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, verduidelik die gevolge van die huidige uitbraak van bek-en-klouseer en die toemaak van grense vir verskeie produkte uit die vleisbedryf. Hy verwys weer na die belangrikheid van naspeurbaarheid en hoe dit moontlik oplossings in die toekoms kan bied. Om…
5 Apr 2022 1AM 2 min

PM gesels met Dr Francois Koekemoer, een van Suid-Afrika se top wetenskaplikes

Dr Francois Koekemoer van Bethlehem, word beskou as een van Suid-Afrika se top wetenskaplikes en hy gesels vandag oor ‘n groot deurbraak met ‘n nuwe generasie koringkultivar. Die opbengs en bak van koring is belangrik vir enige gewas en die uitstekende resultate van die nuwe kultivar se kwaliteitstoetse was baie…
4 Apr 2022 2AM 4 min

Tjoepie Groenwald, 'n bekende kundige van sosiale media

Tjoepie Groenewald is ‘n bekende kundige van sosiale media in die landbousektor en vandag vertel hy van die opwinding oor Nampo wat eersdaags plaasvind. Groenewald vertel van die redes hoekom die Nampo-week met een dag verleng is en binnekort gaan plaasvind van 16-20 Mei. Groenewald vertel ook van die verskillende…
1 Apr 2022 2AM 3 min

PM berig onder andere oor winkels in Europa wat interessante inligting op kwitasies sit

‘n Noorweegse winkelgroep het begin om die omgewingsimpak op kwitasies aan te bring, aangesien kopers nou bewus word van produkte se koolstofvoetspoor wat soms te hoog is. Die gebruiklike massa-aanbiedinge op minder volhoubare produkte is ook intussen gestaak. Daar word verder berig oor die riglyne vir identifisering van vroee BRS-tekens…
31 Mar 2022 1AM 2 min

Dr Johnny vd Merwe gesels oor die jongste kommoditeitspryse

Senior landbou-ekonoom, Dr Johnny van der Merwe van die NWU, bespreek die afgelope week se jongste kommoditeitspryse. Volgens hom het die wisselkoers weer versterk teenoor die Amerikaanse dollar. Rentekoerse is ook weer opwaarts aangepas. Slagpryse geniet goeie ondersteuning. Speenkalfpryse het weer verder gedaal hierdie maand en slagpryse het sterk gestyg…
30 Mar 2022 2AM 6 min

PM berig oor Wildbedryf Suid-Afrika wat onlangs ‘n nuwe inisiatief bekendgestel het

AgriOrbit berig oor ‘n nuwe inisiatief wat onlangs in Pretoria bekendgestel is. Die konsep van wildekonomie is aan leerders verduidelik asook watter bydrae die wildbedryf tot die Suid-Afrikaanse ekonomie lewer. ‘n Slanghanteringsdemonstrasie is ook gehou en leerlinge is touwys gemaak oor slange se rol in die ekostelsel en wat kinders…
30 Mar 2022 2AM 1 min

Dr Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom aan die Universteit van die Vrystaat

Dr Frikkie Maré, senior landbou-ekonoom van die Universiteit van die Vrystaat, verduidelik die die verhoogde rentekoerse en die invloed op die landbousektor. Volgens Maré hou rentekoerse egter baie min voordele in om inflasie af te bring. Ook brandstofpryse bly hoog en baie produsente trek swaar as gevolg van onder andere…
29 Mar 2022 1AM 3 min
1100 – 1120